Kinders so jonk as 5 in porno se greep!

Kinders so jonk as 5 in porno se greep!

Kinders so jonk as 5 in porno se greep!

Op Sondag, 21 Augustus, berig Rapport dat nege uit tien leerders reeds op laerskoolvlak aan pornografie blootgestel word.

Bogenoemde berig het ons almal stof tot nadenke gegee, syfers waarmee ons as opvoeders saamstem. Ons wil ‘n verdere stellling maak, die een uit tien leerders wat nie blootstelling gehad het aan pornografiese of ongewenste materiaal nie, was heel waarskynlik leerders wat nie selfone gehad het nie.

Dit is steeds die skool se standpunt dat selfone op laerskoolvlak nie nodig is nie, ons sal altyd met u in verbinding tree as u kind siek is en ons gee ook nie om om boodskappe oor te dra nie.

 Daar is weekliks insidente wat plaasvind, waar die gebruik of misbruik van selfone aan die orde van die dag is.

 Daar is ander opsies beskikbaar as selfone. Deesdae kry ‘n mens baie goedkoper “belhorlosies”, wat letterlik net ‘n paar nommers kan skakel.

 Die skool is baie besorg oor die inhoud waartoe leerders op hul selfone toegang het. Ten einde die skool by te staan, kan die ouers die volgende stappe volg om hierdie inhoud the beheer.

 

Hoe om ouerbeheer by verskeie diensverskaffers te handhaaf:

 Vodacom

Alle kontrak- en voorafbetaalde kliënte kan toegang tot volwasse inhoud op ‘n Vodacomselfoon blokkeer deur *111*123# vanaf die betrokke selfoon te skakel. Om die volwasse-inhoud weer beskikbaar te stel, moet besoek aan jou naaste diensverskaffer afgelê word, waar jou ID getoon moet word as bewys dat jy ten minste 18 jaar oud is. Die omkering van die blokkering van volwasse-inhoud kan nie telefonies deur Kliëntediens gedoen word nie.

 

MTN:

  1. Skakel *101# vanaf die selfoon waarop jy inhoud wil beperk.
  2. Selekteer die inhoudkategorie wat geblokkeer moet word.
  3. Skep ‘n PIN. (Hierdie nommer sal jou in staat stel om die filterstellings te verander of om dit op ‘n latere stadium te verwyder.)
  4. Sleutel jou eie selfoonnommer in om boodskappe oor filterstellings te ontvang.
  5. Sleutel jou gekose PIN in.
  6. Om besonderhede te verander, skakel *101#.

Indien daar enige veranderings aan die stellings gemaak word, sal jy en die selfooon met beperkte toegang, ‘n SMS ontvang.

 

Cell C en Telkom Mobile:

Telkom Mobile en Cell C het egter nie ‘n tegniese oplossing om ouers te help om hul kinders teen toegang tot volwasse- of ander onwenslike inhoud te beskerm nie.

 

Volgens kenners, is die gepaste ouderdom om ‘n selfoon te kry, op 13 jaar. Indien u wél besluit om ‘n selfoon aan te skaf vir u kind, is die volgende uiters noodsaaklik:

 

  1. Gesels met u kind oor die verantwoordelike gebruik van ‘n selfoon – alle aspekte, bv. selfoon-etiket; huisreëls, die “digitale kontrak” wat u as gesin het, ens.
  2. Gesels met u kind oor die gevare van selfone. Daar is báíe leesstof hieroor.
  3. Geslagtelike voorligting móét in plek wees.
  4. Kinders ontvang dwarsdeur die nag boodskappe op hulle selfone. Geen kind moet met ‘n selfoon gaan slaap nie. Die selfone moet teen slapenstyd (20:00) by die ouers ingehandig word.
  5. Daar moet kontrole wees, ouers is geregtig om hul kinders se selfone gereeld te monitor. Weet wat is u kind se PIN-nommer en gaan gereeld deur u kind se foon. Al ontvang kinders nie ongewenste materiaal nie, is sosiale platforms baie keer ‘n geleentheid om ander kinders te boelie.
  6. Ouers behoort te verseker dat hulle weet wie hul kinders se vriende is en moet ook die kontakbesonderhede van die vriende se ouers hê.
  7. Sagtewareverskaffers bied ook filtrering en monitering van slimfone – wat tans baie gereeld deur tieners gebruik word om toegang tot die internet te verkry.
  8. Ouers moet kennis neem dat indien kinders naakfoto’s of foto’s van ‘n seksueel eksplisiete aard aanstuur, dit as ‘n kriminele oortreding beskou kan word (verspreiding van pornografie) en dat ouers ook aanspreeklik is.
  9. Internet:
    1. Tuisrekenaars moet in ‘n oop, sigbare deel in die huis wees, nie in die kind se slaapkamer nie;
    2. Gebruik sagteware om internetinligting te filtreer;
    3. Kinders moet nie onbeperkte toegang tot internet hê nie.

 

Ouers moet betrokke raak en oop kommunikasiekanale met hul kinders hê oor die gevare van sosiale media.

 

Ons almal is verslaaf aan die skerm, maar ons moet die kinders leer om ‘n balans te handhaaf tussen die skerm waarna hulle kyk en ander aktiwiteite, soos om kreatief te wees, te sosialiseer, buite te speel en hul eie verbeelding te gebruik.

 

Die probleem vandag is dat ons nie wil hê kinders moet verveeld wees nie, maar verveeld is eintlik die beste ding wat ‘n kind kan wees. Want dit dwing hulle om kreatief en verbeeldingryk te wees.

 

MENEER MARINUS SE TOER NA SWEDE!

MENEER MARINUS SE TOER NA SWEDE!

MENEER MARINUS SE TOER NA SWEDE!

Deur Clarisé van Niekerk (Graad 6)

 

Hoe het Meneer Swede ervaar?

Swede is ‘n ongelooflike land.  Dit was interessant om te sien hoe hulle stelsels werk.

 

Watter weersomstandighede het Meneer ervaar?

Dit is die oorskakeling van winter na somer, so dit was darem nie te koud nie.  Daar was wel een dag wat dit gereën het, wat koelerig was.

 

Sal Meneer graag vir die Sweedse kinders wil skoolhou, of verkies Meneer dit in Suid-Afrika?

Ek verkies dit om vir Suid-Afrikaanse kinders skool te hou.  Hier is baie meer dissipline in ons land se skole.

 

Hoe sal Meneer hulle akademie beskryf, is ons op dieselfde akademiese standaard?

Die akademie in Swede is op ‘n baie goeie standaard.  Ons hier by Laerskool Anton van Wouw moet bevoorreg wees om in so ‘n akademiese omgewing onderig te kan word.  Ons leer, veral in wiskunde, baie dieselfde as in Swede.

 

Wat dink Meneer van Swede, sal Meneer dalk daar wil bly?

Ek glo nie ek sal in Swede kan bly nie, alhoewel ek mal is oor die rustigheid daar.  Suid-Afrikaners is meer mense-mense, lekker mense.  Ek sal ‘n gesellige braai vir niks verruil nie.

 

Watter soort kos het Meneer geëet, was dit lekker?

Ons het die eerste aand net vis geëet, Swede hou van ‘n salm.  ‘n Tradisionele kos van Swede is “meatballs”, wat verskriklik lekker is.

 

Wat was Meneer se gunsteling uitstappie, waarom?

Dit was vir my so interessant om elke dag die skool te besoek, om te sien hoe doen hulle kinders die werk, hoe die onderwysers onderrig en ook hoe hulle stelsels werk.

 

Dink Meneer die toer was lank genoeg, of sou meneer dalk langer wou bly?

Ek sou graag meer van Swede wou sien, bietjie Stockholm toe gaan en daar gaan “explore”.

 

Hoe laat moet die Sweedse personeel by die skool wees?

Die skool begin om 08:20.  Die personeel moet net opdaag vir hulle klasse, daar is geen stelsel waar die onderwysers moet rapporteer of ‘n vergadering bywoon nie.

 

Is daar iets uit die Sweedse skole wat Meneer graag sal wil inbring in ons skool?

Daar is ‘n hele paar akademiese aspekte wat mens hier kan oorweeg.  Soos bv. in die laer grade word ‘n klas in 3 groepe verdeel.  Een groep doen akademiese werk (in die skrif), die ander groep doen groot motoriese bewegings met musiek, die ander groep doen fisiese oefeninge.

 

Watter vervoermiddel gebruik die meeste kinders om by die skool te kom?

Baie van die leerders loop skool toe, want hulle bly naby die skool.  Die gr.9 leerders ry self met karre skool toe, maar die kar kan net 30km per uur ry.

 

Wat het vir Meneer uitgestaan van hulle skool?

Die leerders dra glad nie skooluniforms nie, seuns kan lang hare hê en oorbelle dra.  Die dogters mag gremering dra en hare hê wat gekleur is.

 

Sal Meneer graag weer soontoe wil gaan?

Dit was lekker om te besoek, maar ek sal nie daar wil skoolhou nie.

 

Watter ander land sal Meneer ook graag wil besoek?

Ek dink Finland of Denemarke sal ‘n ongelooflike belewenis wees.  Dit is die lande met die beste skool sisteme.

 

Was die mense in Swede vriendelik en bedagsaam?

Oor die algemeen is die Sweedse mense baie bot, totdat jy met hulle Engels praat, dan weet hulle jy is ‘n toeris en is dan baie bedagsaam en vriendelik.

 

Oor die algemeen is dit vir Meneer lekkerder in Swede, of in Suid-Afrika? Waarom?

In Suid-Afrika.  Daar is niks lekkerder as ‘n Suid-Afrikaanse sonskyndag met ‘n braaivleisvuur nie.

Wouwtjies skitter in die kollig

Wouwtjies skitter in die kollig

Wouwtjies skitter in die kollig

Deur Gisele Geldenhuys en Sandy Prinsloo (Graad 7)

 

Na vier jaar was dit weer tyd vir Wouwtjies om tydens die Revue hul talente op die verhoog uit te leef.  Na 6 weke se harde oefening en beplanning het die Wouwtjies tussen die 10de en 13de Mei die Amfi se dak gelig.  Van Lekkerland tot Wouwtjieland het ons onsself geniet en was dit ‘n geleentheid vir almal om te onthou.

 

Dit het alles begin by die naweek-oefeninge.  Elke Wouwtjie het hard saam met die choreograwe geoefen om die danse te leer.  Die Wouwtjies het ook in skooltyd geoefen om die danse ten beste uit te leef.  Tesame met die danse, het die Wouwtjies hul harte uit gesing en die ouers en personeel trots gemaak.  Die sanggroep het met hul wonderlike stemme die liedjies opgeneem.  Behalwe die gesing en gedansery, het die Wouwtjies se kostuums in die kollig geskitter.  Die kostuums is spesiaal vir elke klas en kind ontwerp en met liefde gemaak.  Te danke aan Tannie Elisma, is die Revue-opname gedoen en die foto’s geneem, waarna ons vir altyd kan verwys.

 

Die hoofkarakters het deur sewe verskillende lande gereis om hul eindbestemming te bereik.  Elke land het sy eie storie vertel en die toeskouers saam op die avontuur gevat.  Elke graad het ’n land verteenwoordig waardeur hul gereis het om op die ou einde Wouwtjieland ( wat die graad 7’s verteenwoordig het) te bereik, want Wouwtjieland is die plek waar vriende gemaak word, wat hou vir ‘n leeftyd!

 

Die 2022-Revue was ‘n reuse sukses, wat vir ewig in elke Wouwtjie se hart sal bly.  Te danke aan die personeel het hulle hierdie jaar se Revue vir ons moontlik gemaak en te danke aan hul moeite en toewyding, was dit spesiaal, prettig en beslis een vir die boeke!

Cowboys kan ook sokkie!

Cowboys kan ook sokkie!

Cowboys kan ook sokkie!

Nina Broschk (Graad 6)

 

Die opgewondenheid het aan my maagspiere gepluk terwyl ek die skoolsaal binnestap.  Die musiek het deur my lyf vibreer en die ligte het my verblind.  Kwartaal twee se ‘‘cowboys and crooks’’-sokkie het definitief die leerders stomgeslaan.  Die funky hoedens en realistiese uitrustings het my laat dink aan die cowboy-films wat ek al gesien het.  Dit was duidelik dat baie meer leerders die byeenkoms bygewoon het.  Was dit dalk die tema wat die leerders aangemoedig het om te kom dans?  Of, was dit die feit dat dit ‘n lekker manier was om te ontspan en van die druk van die komende eksamen te vergeet?  Ek is nie seker nie.

 

Daar was teepees en versierings wat aan die dak gehang het.  Die fotohoekie is versier met kartonuitknipsels van cowboys, hooi, toue en selfs ‘n perdesaal!  Die WANTED-plakkate teen die mure met foto’s van onderwysers was ook baie oulik.  Die hoekie in die saal vir foto’s, die ongelooflike atmosfeer, die musiek en natuurlik die “dance-off’ was alles hoogtepunte.  Ek moes net versigtig wees dat ek nie deur die “crooks” beroof word nie!

 

Die musiek wat deur die luidsprekers my ore laat tuit het, was net een van die redes waarom die sokkie vir my die beste een ooit was.  Dit het my so lus gemaak vir dans dat ek my maats na die dansvloer moes sleep sodat ek nie alleen hoef te dans nie.  Ek wens ek kon langer gedans het, al was ek pootuit teen nege-uur daardie aand.  Die onderwysers het ook lekker saam met die leerders gedans.  Om eerlik te wees: ons het so lekker gedans, dit het gevoel asof die vloer bewe.  Dit het vir my gelyk asof die spanning wat op die leerders se skouers was, net verdwyn het.

 

Ek is vreeslik beïndruk met die wenners van die cowboy-uitrustingkompetisie.  Hulle het duidelik ‘n hele rukkie aan hulle kostuums beplan.  Die “crooks” wat rondgehardloop het met speelgewere se kostuums was ook baie realisties.  Die drankies en lekkernye wat daar te koop was, het my mond laat water: sjokolade, burgers, koeldranke en ook skyfies.

 

Ek het saam met almal gekreun toe daar oor die luidsprekers aangekondig word dat dit ongelukkig tyd was om huis toe te gaan.  Duidelik wou niemand ophou dans nie.  Ek sien so uit om te sien watter verrassings by ons skool se volgende sokkie wag.  Een ding is seker: ons Wouwtjies ken van sokkie!

Meneer Heinrich Pawson verlaat die Wouwtjies

Meneer Heinrich Pawson verlaat die Wouwtjies

Meneer Heinrich Pawson verlaat die Wouwtjies

Deur Ingrid Potgieter (Graad 7)

 

Meneer Heinrich Pawson is ‘n uitstekende onderwyser wat vir die afgelope drie jaar diep voetspore in Wouwtjies se lewens getrap het.  Sommige Wouwtjies het hom geken in die NW- en EBW-klas, terwyl baie seuns se sporttalent gedy het met sy sportaftrigting.  Ongeag waar ‘n mens met hom in aanraking gekom het, het hy geïnspereer met sy nederigheid, entoesiasme en passie vir onderwys.

 

Die Wouwtjies is almal hartseer dat meneer Heinricch ons verlaat, maar terselfdetyd is ons sáám met hom baie bly.  Meneer Heinrich begin met ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe.  Hy en sy vrou wag op die geboorte van hulle babadogtertjie.  Ons glo dat hierdie gebeurtenis hulle baie vreugde sal verskaf.

 

Tydens ‘n onderhoud gevoer met meneer Heinrich, het hy die gesê: “Die afgelope drie jaar by Laerskool Anton van Wouw was vir my ‘n groot voorreg.  Ek kon met baie oulike kinders en kollegas werk.  Dit was ook vir my ‘n groot voorreg om saam met my broer te kon werk.  Nie baie mense kry daardie geleentheid nie.  Anton van Wouw het vir my baie beteken.  Dit het vir my baie deure oopgemaak en ek het baie gegroei as ‘n onderwyser.  Ek gaan Anton van Wouw baie mis, maar ek sien uit na die uitdaging wat voorlê – die nuwe skool en die nuwe fase in my en my vrou se lewens met ons babadogtertjie.  Ek is ook baie jammer om die leerders so in die middel van die jaar te los, maar in mens se lewe kom daar ook nuwe geleenthede.  Jammer aan alle leerders dat ek julle moes verlaat.  Ek sou graag die jaar saam met julle wou deursien.  Dankie vir dit wat die skool, beheerliggaam, personeel en natuurlik al die kinders, vir my beteken het.  Ek gaan baie na almal verlang.  Ek sal julle nooit vergeet nie.”

Ons as Wouwtjies sal meneer Heinrich ook nooit vergeet nie.  Veral nie Graad 7W, wat in hierdie jaar meneer Heinrich se registerklas was nie.  Ons sal meneer en sy grappies altyd mis, maar ons is baie bly dat meneer Heinrich nou ‘n nuwe geleentheid in sy lewe aangryp.  Ons moet almal ook nuwe geleenthede aangryp en nes meneer Heinrich ‘n positiewe uitkyk op die lewe hê.

Meneer Heinrich Pawson verlaat die Wouwtjies

Deur Ingrid Potgieter (Graad 7)

 

Meneer Heinrich Pawson is ‘n uitstekende onderwyser wat vir die afgelope drie jaar diep voetspore in Wouwtjies se lewens getrap het.  Sommige Wouwtjies het hom geken in die NW- en EBW-klas, terwyl baie seuns se sporttalent gedy het met sy sportaftrigting.  Ongeag waar ‘n mens met hom in aanraking gekom het, het hy geïnspereer met sy nederigheid, entoesiasme en passie vir onderwys.

 

Die Wouwtjies is almal hartseer dat meneer Heinricch ons verlaat, maar terselfdetyd is ons sáám met hom baie bly.  Meneer Heinrich begin met ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe.  Hy en sy vrou wag op die geboorte van hulle babadogtertjie.  Ons glo dat hierdie gebeurtenis hulle baie vreugde sal verskaf.

 

Tydens ‘n onderhoud gevoer met meneer Heinrich, het hy die gesê: “Die afgelope drie jaar by Laerskool Anton van Wouw was vir my ‘n groot voorreg.  Ek kon met baie oulike kinders en kollegas werk.  Dit was ook vir my ‘n groot voorreg om saam met my broer te kon werk.  Nie baie mense kry daardie geleentheid nie.  Anton van Wouw het vir my baie beteken.  Dit het vir my baie deure oopgemaak en ek het baie gegroei as ‘n onderwyser.  Ek gaan Anton van Wouw baie mis, maar ek sien uit na die uitdaging wat voorlê – die nuwe skool en die nuwe fase in my en my vrou se lewens met ons babadogtertjie.  Ek is ook baie jammer om die leerders so in die middel van die jaar te los, maar in mens se lewe kom daar ook nuwe geleenthede.  Jammer aan alle leerders dat ek julle moes verlaat.  Ek sou graag die jaar saam met julle wou deursien.  Dankie vir dit wat die skool, beheerliggaam, personeel en natuurlik al die kinders, vir my beteken het.  Ek gaan baie na almal verlang.  Ek sal julle nooit vergeet nie.”

Ons as Wouwtjies sal meneer Heinrich ook nooit vergeet nie.  Veral nie Graad 7W, wat in hierdie jaar meneer Heinrich se registerklas was nie.  Ons sal meneer en sy grappies altyd mis, maar ons is baie bly dat meneer Heinrich nou ‘n nuwe geleentheid in sy lewe aangryp.  Ons moet almal ook nuwe geleenthede aangryp en nes meneer Heinrich ‘n positiewe uitkyk op die lewe hê.

Reis na Wouwtjie Revue 2022

Reis na Wouwtjie Revue 2022

Reis na Wouwtjie Revue 2022
Deur Kiki Butler (Graad 7)

Die Revue van 2022 was ‘n groot hoogtepunt vir almal!  Elke Wouwtjie het só baie uitgesien en het dit terdeë geniet!  Dit was vanjaar ‘n groot voorreg vir elkeen om te kon deel wees van so ‘n een-in-elke-vier-jaar-geleentheid.  Ons laerskool, Anton van Wouw, se revue is vir die eerste keer aangebied in die splinternuwe Chris Henning-Amfiteater.  Die span wat betrokke was, het baie hard gewerk en het hul alles gegee om dit vir elke Wouwtjie ‘n goeie ervaring te maak!  Die danse en spesiale klere van elke land en graad is uniek uitgewerk en met die hand gekies.  Die hoofkarakters, met hulle oulike sêgoed, was ook elkeen ‘n ster en het die storielyn bymekaar gebring!

Ons bobaas revuespan: Meneer Marinus Pawson, mnr.  Heinrich Pawson, juf.  Lize-Marie Swart, juf.  Terry Lagerwall, juf.  Marica Botha, juf.  Hanlie Geertsema en juf.  Neline du Plessis, het sedert 2021 gedroom en hard aan die dialoog begin werk.

Juf.  Anita Coetzee was vanjaar betrokke by die revue se hoofkarakters.  Sy was baie opgewonde en dankbaar dat sy gekies is om leiding te neem met die hoofkarakter-Wouwtjies!  Daar is vroegoggende opgeoffer om saam met die karakters die revue se dialoog te oefen.  Haar ervaring met die hoofkarakters was volgens haar ‘n gróót hoogtepunt as ‘n juffrou!  Sy sê dat dit só spesiaal was om só baie tyd met elkeen te spandeer en hulle beter te kon leer ken.  Volgens juffrou Anita, was hulle altyd gedissiplineerd en gemotiveerd!  Sy kon haarself persoonlik met Leja identifiseer omdat sy altyd ander wil help en leiding neem.  As sy vir ‘n karakter kon oudisie, sou sy graag Suzette wou speel, aangesien sy daarvan hou om haarself uit te daag en buite haar gemaksone iets anders te probeer.

Die hoofkarakters van die 2022 Revue was: Krisjan as Garret.  Hy is ‘n Graad 7-leerling en volgens Krisjan was sy karakter baie humoristies.  Hy het baie van sy karakter gehou, al was dit nie sy eerste opsie gewees nie.  Bernard het Michal gespeel.  Hy het baie van sy karakter gehou en het maklik met Michal ïdentifiseer, maar wou oorspronklik graag Wout speel. Wout is vertolk deur ‘n graad 5-leerling, naamlik Gustav.  Die karakter het só baie by hom gepas, aangesien hy werklik ‘n Wout is!  Ingrid was die gewilde Suzette.  Ingrid sê haar gunsteling spreekbeurt was: “Garret, daardie noem mens ‘n miershoop! Ken jy ‘n gym?” omdat dit so snaaks is!  Clarise was ons revue se Kay.  Toevallig is gymland ook Clarise en juffrou Anita se gunsteling toneel!  Leja is gespeel deur Kiki Butler.  Leja was die mamma van die groepie en glo dat die naam Sofia ook baie by haar karakter kon pas.  Laastens het Pieter Voster die revue se storie vertel.

Wouwtjieland was die eindbestemming van die reis na al die lande.
Die ideale land.
Die land van melk en heuning!
Die land waar elke Wouwtjie tel en deel voel.
Die land waar elkeen kon deel wees van so kleurvolle ‘n produksie!

Ons sal self maak soos ons gemaak het, dan waak en werk ons goed, ons moet; daarom sing ons nou ‘n stille bee.  Gee Heer U seën op wat ons doen, van Klapperkop tot Waterkloof, staan saam, dat Hy kan weet ons werk is goed gedoen!

Die 2022 Wouwtjie Revue!

Die heel eerste “regte” winter in Wouwtjieland

Die heel eerste “regte” winter in Wouwtjieland

Die heel eerste “regte” winter in Wouwtjieland

Deur Linda du Plessis en Nika van Rooyen (Graad 6)

 

Kry julle reg om julle baadjies aan te trek en te wens jy was op die strand, waar jy lekker bak in die son.  Die winter het uiteindelik aangebreek, maar baie erger as tevore.  Deesdae is dae by Wouwtjieland erger as wat jy in jou vrieskas sou bly!  So, trek julle baadjies aan en kry jouself reg vir ʼn “sneeudag” in Wouwtjieland.  Hopelik het alle maatjies ʼn lekker snoesige baadjie en ʼn warm hartjie om te juig en te lag, om hulle warm te hou.  Bibberland het verseker nie sy deur toegemaak nie!  Elke Mamma en Pappa moet hul  kinders ten minste een lekker warm drankie gee, as hulle nie stout is nie.  Alhoewel Wouwtjieland baie koud is, is dit marshmallow by ons warm sjokolade.  Ek hoop alle Wouwtjies doen goed in die eksamen en ek, Linda du Plessis en my kollega, Nika van Rooyen, stuur voorspoed vir al die toetse en sport wat almal gaan doen.  Onthou om julle warm kombersies oor julle te trek vanaand en snoesig aan die slaap te raak!

DIE BEGIN VAN DIE HOKKIESEISOEN

DIE BEGIN VAN DIE HOKKIESEISOEN

DIE BEGIN VAN DIE HOKKIESEISOEN

Deur Zanika Kruger (Graad 6)

 

Almal is opgewonde, want die hokkie seisoen gaan begin.  Op die 21ste Junie word daar proewe gespeel.  Dan word daar in spanning gewag om te hoor in watter span jy is.

 

Dit gaan weer ‘n gehyg na asem en seer bene wees, want almal is nie so lekker fiks nie.  Dit is dan weer oefen twee dae per week.  Wedstryde gaan gespeel word.  Die ouers gaan kom kyk om ons te ondersteun.  Daar gaan weer geskree en gelag word as daar punte aangeteken word of ‘n dom foutjie insluip.  Die spangees is altyd lekker onder die Wouwtjies en almal help mekaar.  Die afrigters raak partykeer maar moedeloos as ons nie alles regkry soos hulle dit graag wil hê nie.  Dan is dit maar oor en oor doen!

 

Dit gaan baie oefen kos om wedstrydfiks te word.  Dit is altyd lekker om saam met jou maats te oefen.  Ons is baie dankbaar vir al die afrigters, wat soveel tyd spandeer om ons gereed te kry vir wedstryde.

 

As ek enige raad aan die hokkiespelers kan gee, is dit om te oefen die vakansie.  Ons almal sien baie uit daarna om volgende kwartaal ons skool te verteenwoordig op die hokkievelde.

Ontmoet die duifies van Laerskool Anton van Wouw

Ontmoet die duifies van Laerskool Anton van Wouw

Ontmoet die duifies van Laerskool Anton van Wouw

Deur Veha Fourie (Graad 6)

 

Die emosie liefde is wat mense gebind hou aan mekaar, liefde is om opgewonde te wees oor alle aspekte van ‘n ander mens, liefde is verdraagsaam en eerlik.  Liefde gepersonifiseer by Laerskool Anton van Wouw is Menneer Thomas Basson en Juffrou Sarika Eybers.

 

Ek het die voorreg gehad om met hierdie twee pragmense te gesels oor wie hul is en ‘n blik gekry hoe hul liefde vir mekaar lyk.

 

Juffrou Sarika is gebore in Louis Trichardt en is daar geskool en het 5 jaar gelede na Pretoria getrek om by Tukkies te studeer. Mnr Thomas is ‘n Pretorianer en het die liefde van sy lewe ontmoet in die Afrikaanse klas by TUKS.

 

Die jong paartjie se liefde vir mekaar het ontkiem oor hul wedersydse liefde vir kinders en hul passie vir onderwys.  Hulle is beide jong, dinamiese Afrikaanse mense wat werklik met kinders wil werk elke dag.  Hulle lag saggies op my vraag oor stokperdjies en belangstellings.  Meneer Thomas spot dat boeke merk sy “gunsteling” tydverdryf is, hulle hou ook darem van films.

 

Dit is vir Juffrou Sarika baie belangrik dat altwee halftes van ‘n verhouding respek toon vir mekaar.  Ek sien dit as ‘n baie goeie beginsel van ‘n wonderlike huwelik vir die twee.  Dit is vir my so mooi om te hoor hoe sag en rustig hul met mekaar praat.  Meneer Thomas se mooiste eienskap van juffrou Sarika is haar sagtheid en rustigheid en sy mooiste eienskap is sy sagte omgee hart.

 

Dit is gepas om te hoor dat die kleur skema van hul troue wit en olyf groen is.  Vanaf die begin van die skepping was die olyf boom en sy vrug ‘n belangrike simbool van stabiliteit en vrede.  Dit was die eerste boom wat ontkiem het na die vloed, en het vir Noag hoop gegee vir die toekoms.  Juffrou Sarika beaam die simbolise betekenis van die olyf tak as die begin van ‘n nuwe lewe vol hoop en liefde saam.

 

Ek wens Juffrou Sarika en Menneer Thomas alle voorspoed en ryklike seën toe in hul liefdes pad saam. Viva die Bassons!

WOUWTJIES SKITTER OP DIE SPORTVELD!

WOUWTJIES SKITTER OP DIE SPORTVELD!

WOUWTJIES SKITTER OP DIE SPORTVELD!

Deur Lea Dirker (Graad 6)

 

Donderdag 3 Maart, het Wouwtjies net hulle beste gegee op die velde teen Laerskool Generaal Hendrik Schoeman.

 

Die seuns het hul man gestaan met die rugby en puik resultate opgelewer, deur 6 van die 9 wedstryde te wen!

 

In die netbal het die dogters net so goed gevaar, met ons 1ste-span wat ‘n puik oorwinning teen GHS behaal het.

 

Baie sterkte vir die res van die seisoen!  Wouwtjies, ons is baie trots op julle!