DIE BEGIN VAN DIE HOKKIESEISOEN
Deur Zanika Kruger (Graad 6)
Almal is opgewonde, want die hokkie seisoen gaan begin. Op die 21ste Junie word daar proewe gespeel. Dan word daar in spanning gewag om te hoor in watter span jy is.
Dit gaan weer ‘n gehyg na asem en seer bene wees, want almal is nie so lekker fiks nie. Dit is dan weer oefen twee dae per week. Wedstryde gaan gespeel word. Die ouers gaan kom kyk om ons te ondersteun. Daar gaan weer geskree en gelag word as daar punte aangeteken word of ‘n dom foutjie insluip. Die spangees is altyd lekker onder die Wouwtjies en almal help mekaar. Die afrigters raak partykeer maar moedeloos as ons nie alles regkry soos hulle dit graag wil hê nie. Dan is dit maar oor en oor doen!
Dit gaan baie oefen kos om wedstrydfiks te word. Dit is altyd lekker om saam met jou maats te oefen. Ons is baie dankbaar vir al die afrigters, wat soveel tyd spandeer om ons gereed te kry vir wedstryde.
As ek enige raad aan die hokkiespelers kan gee, is dit om te oefen die vakansie. Ons almal sien baie uit daarna om volgende kwartaal ons skool te verteenwoordig op die hokkievelde.