Pre-primêr

In die Wouwtjie-stel is ons Kleinwouwtjies die Duplo-blokkies en word ’n drie-plus-jarige met dom vingertjies en lomp treetjies, so gou soos nou ’n selfversekerde, bekkige en wêreldwyse kleuter wat nie kan wág vir die “grootskool” nie!

Ons Kleinwouwtjieskool is ’n sprokieswêreld onder groot koeltebome – hier kan hul klim en klouter, sand- en waterspeel, bak en brou, rondjaag op die fietsiebaan, fantaseer na hartelus… en “leer” by gekwalifiseerde, liefdevolle onderwyseresse.

Ons het  ’n splinternuwe Gr.R –sentrum in gebruik geneem, waar ons voorskoolse maats in ruim, lugversorgde en puik toegeruste klasse voorberei word om ’n “groot” stap te neem met ’n huppelsprong!

Spesiale doendinge by Kleinwouwtjies, is ’n opgeleide kinder-kinetikus, uitgebreide  sensoriese program, musiek en rekenaars vir Gr.R. Daar is ook ’n mondvol buitemuurse aktiwiteite waaruit u kan kies.

Kleinwouwtjies is…

‘n Veilige, geborge omgewing, waar elke kleuter die geleentheid gegun word om sy/haar individualiteit uit te leef en deur liefdevolle onderwyseresse begelei te word om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Ons hou die klasse klein sodat elke kleuter individuele aandag kan kry en optimaal gestimuleer kan word. Personeel het basiese noodhulp-opleiding.

 

Pre-primêr telefoon: 012 346 3282 /081 562 1204
Pre-primêr naskool: 082 896 0777

Skoolure: 06:45 – 13:30
Naskoolure: 13:30 – 17:30