Kultuur
Skooldrag word verruil vir kostuums, grimering, danspassies, sang, toneelspel en drama in die Wouwtjie Kunstefees… die voorspel tot ons eie Wouwtjieklop!
’n Paar leerders verruil gemaklik die skooltas vir ’n pen en ’n paar notas… vir senuwees van staal, op die voete dink, vasbyt en sterkstaan!
Anton van Wouw het ’n groot, sterk groep redenaars, wat sonder uitsondering puik presteer in die ATKV-Radikale Redenaars-, Oppie-tong-af-, en ander kompetisies.
’n Koor is méér as ’n klomp kinders wat saam sing… dit is ’n familie wat mekaar dra, ondersteun en ongelooflike musiek saam maak.
Beide die Wouwtjiekore, is spog-uitvoerprodukte van ons skool. Hulle suiwer stemmetjies en oulike liedjies maak hulle onweerstaanbaar!
Wouwtjies leer hóé om hulle woorde te laat tél… elke jaar voltooi ’n groep Gr. 6- en 7-leerders ’n Toastmaster-kursus suksesvol… op ’n manier wat baie volwassenes hul hande laat saamslaan uit bewondering vir hierdie Wouwtjies se selfvertroue! Wouwtjies sê hul sê… welgedaan!
Kultuurharte klop-klop warm en gesond hier in Wouwtjieland!