Kultuur
Juniorkoor
Kinderkoor
Kunstefees
Musieksentrum
Orkes
Redenaars
Revue
Speech festival
Spreekkoor
Tjokkertoneel
Toastmasters
Voortrekkers
Musieksentrum
Anton van Wouw se Musieksentrum bied aan Anton van Wouw se leerders musiekonderrig, (na skool) op die skoolterrein. Daar is 10 musiekonderwysers, wat individuele onderrig in die volgende instrumente aanbied:
- Klavier
- Klawerbord
- Kitaar
- Ukelele
- Blokfluit
- Dwarsfluit
- Viool
- Sang
Daar word ook Musiekteorie in groepsverband aangebied en eksamens word afgelê.
Leerlinge neem aan verskeie eisteddfods, asook eksterne eksamens, soos Unisa, Trinity en ABRSM, deel.
Daar word jaarliks 2 musiekkonserte in die Encore Teater aangebied om leerlinge die kans te gee om op ‘n verhoog voor mense op te tree.
Prestasies in ‘n neutedop:
- Leerlinge presteer elke jaar uitstekend, spog met menige A++ -simbole en word ook gereeld aangewys as kategoriewenners.
- Daar verskyn elke jaar name van die Musieksentrum se leerlinge op Unisa se Ererol vir bogemiddelde prestasies.
- Leerlinge neem ook elke jaar aan die Wouwtjie Kunstefees deel met ‘n verskeidenheid van items.
Vir navrae, kontak gerus vir
Mariana du Toit by 082 570 5411 of marianadutoit70@gmail.com
