Kultuur
Juniorkoor
Kinderkoor
Kunstefees
Musieksentrum
Orkes
Redenaars
Revue
Speech festival
Spreekkoor
Tjokkertoneel
Toastmasters
Voortrekkers
Redenaars
Wouwtjies kán redeneer!
Redenaars lê Anton van Wouw baie na aan die hart. Redenaars is deel van die vorming van ons leiers vir die toekoms en daarom is dit Anton van Wouw se doel om soveel as moontlik geleenthede te skep en te benut om ons leerders op te lei as redenaars. ‘n Redenaar leer om deur liggaamshouding, stem en taal sy standpunt oor te dra en sy gehoor te oortuig van sy siening.
Die redenaars skop elke jaar af met die skool se interne redenaarsuitdunne, wat ook dien as die uitdunne vir die jaarlikse ATKV-Redenaarskompetisie.
Die Wouwtjies neem deel aan: ATKV-Redenaarskompetisie, Radikale Redenaars, Oppie-Tong-Af Redenaars, Abe Bailey, Gauteng Interskole Redenaarskompetisie, Podiumpret en Artisticulta.
Redenaarsprestasies in ‘n neutedop:
Oppie-Tong- Af-Redenaarskompetisie: In 2019 dring 11 van ons leerders deur na die Nasionale finale rondte, waar die Wouwtjies ses 1ste plekke, vier 2de plekke en een 3de plek behaal.
Radikale Redenaars: In 2019 dring daar 9 individuele sprekers en 3 spanne deur na die Nasionale finale rondte. Tydens dié rondte, behaal die Wouwtjies agt 1ste plekke, drie 2de plekke en een 3de plek.
Podiumpret: Twee spanne word nasionaal aangewys as wenners en hul name word op ‘n plaatjie by die Keurboom in die Afrikaanse Taalmonument se tuin verewig. Hulle word ook aangewys as kategoriewenners in hul afdelings.
Gauteng Interskole Redenaars: In 2019 dring daar twee spanne en twee individuele sprekers deur na die nasionale finaal. Die sprekers behaal twee 1ste plekke en een 2de plek.
Artisticulta: Drie van die Wouwtjies se spanne dring deur na die nasionale finale rondte en ál drie spanne word aangewys as nasionale wenners.
