Kultuur
Debat
Juniorkoor
Kinderkoor
Kunstefees
Musieksentrum
Orkes
Redenaars
Revue
Speech festival
Tjokkertoneel
Toastmasters
Voortrekkers
Orkes
Laerskool Anton van Wouw se orkes is gestig in 2018. Die doel van die orkes is om aan die leerders die tegniek van saamspeel in ’n groot groep te leer en sodoende ook jou bladleesvermoë en verskillende speeltegnieke te verbeter.
Aangesien daar in musiek soveel verskillende vorderingsvlakke is, is daar twee orkeste.
Die Beginner-orkes:
Hierdie orkes is vir leerders met min musiekkennis en -ervaring (Gr. 1-7). Die fokus van hierdie orkes is om leerders bloot te stel aan samespel en vaardighede aan te leer wat hul in staat sal stel om op ‘n latere stadium in ‘n volwaardige orkes te speel. Klavierleerders speel op slaginstrumente wat deur die skool verskaf word. Leerders oefen die stukke op hul eie tyd in.
Die Gevorderde orkes:
Hierdie orkes is vir instrumentaliste (Gr. 1-7) wat bladmusiek kan lees en hul instrument reeds goed kan bespeel. Hulle moet ook oor goeie ritmiese vaardighede en gehoor beskik. Leerders moet bladmusiek tuis inoefen.
Prestasies in n neutedop:
- Arts @Sussex kompetisie: Behaal n A+ -simbool.