Kultuur

Juniorkoor

Kinderkoor

Kunstefees

Musieksentrum

Orkes

Redenaars

Revue

Speech festival

Tjokkertoneel

Toastmasters

Voortrekkers

Kinderkoor

Die Seniorkoor, ook bekend as die Anton van Wouw-Kinderkoor, se missie is om helder koorklank voort te bring op só ‘n wyse dat dit ‘n liefde vir sang en koormusiek by die leerders kweek. Die Kinderkoor streef daarna om ‘n uitstalvenster vir Laerskool Anton van Wouw te wees en ook om ten alle tye as ware ambassadeurs van ons skool op te tree. Dit is ons strewe om kwaliteit koorsang te lewer.

Leerders word aangemoedig om ‘n oudisie af te lê om sodoende deel te wees van die Kinderkoor. Die koor sing driestemmig (sopraan, alt en tenoor) en bestaan tans uit 83 leerders.

Die Kinderkoor neem jaarliks aan kompetisies en feeste deel om aan leerders die nodige blootstelling te gee ter voorbereiding van koorsang in die jare vorentoe. Lg. sluit in: Sing in Harmonie, ATKV-Applous, koorfeeste en kerkoptredes.

Aan die begin van die jaar is daar ’n lekker oefennaweek wat op die skoolterrein plaasvind. Tydens die koornaweek word nuwe musiek vir die jaar instudeer.

Kinderkoor-prestasies in ‘n neutedop:

  • ATKV-Applous: behaal Goud. (2023)