Meneer Heinrich Pawson verlaat die Wouwtjies
Deur Ingrid Potgieter (Graad 7)
Meneer Heinrich Pawson is ‘n uitstekende onderwyser wat vir die afgelope drie jaar diep voetspore in Wouwtjies se lewens getrap het. Sommige Wouwtjies het hom geken in die NW- en EBW-klas, terwyl baie seuns se sporttalent gedy het met sy sportaftrigting. Ongeag waar ‘n mens met hom in aanraking gekom het, het hy geïnspereer met sy nederigheid, entoesiasme en passie vir onderwys.
Die Wouwtjies is almal hartseer dat meneer Heinricch ons verlaat, maar terselfdetyd is ons sáám met hom baie bly. Meneer Heinrich begin met ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe. Hy en sy vrou wag op die geboorte van hulle babadogtertjie. Ons glo dat hierdie gebeurtenis hulle baie vreugde sal verskaf.
Tydens ‘n onderhoud gevoer met meneer Heinrich, het hy die gesê: “Die afgelope drie jaar by Laerskool Anton van Wouw was vir my ‘n groot voorreg. Ek kon met baie oulike kinders en kollegas werk. Dit was ook vir my ‘n groot voorreg om saam met my broer te kon werk. Nie baie mense kry daardie geleentheid nie. Anton van Wouw het vir my baie beteken. Dit het vir my baie deure oopgemaak en ek het baie gegroei as ‘n onderwyser. Ek gaan Anton van Wouw baie mis, maar ek sien uit na die uitdaging wat voorlê – die nuwe skool en die nuwe fase in my en my vrou se lewens met ons babadogtertjie. Ek is ook baie jammer om die leerders so in die middel van die jaar te los, maar in mens se lewe kom daar ook nuwe geleenthede. Jammer aan alle leerders dat ek julle moes verlaat. Ek sou graag die jaar saam met julle wou deursien. Dankie vir dit wat die skool, beheerliggaam, personeel en natuurlik al die kinders, vir my beteken het. Ek gaan baie na almal verlang. Ek sal julle nooit vergeet nie.”
Ons as Wouwtjies sal meneer Heinrich ook nooit vergeet nie. Veral nie Graad 7W, wat in hierdie jaar meneer Heinrich se registerklas was nie. Ons sal meneer en sy grappies altyd mis, maar ons is baie bly dat meneer Heinrich nou ‘n nuwe geleentheid in sy lewe aangryp. Ons moet almal ook nuwe geleenthede aangryp en nes meneer Heinrich ‘n positiewe uitkyk op die lewe hê.