Die heel eerste “regte” winter in Wouwtjieland

Deur Linda du Plessis en Nika van Rooyen (Graad 6)

 

Kry julle reg om julle baadjies aan te trek en te wens jy was op die strand, waar jy lekker bak in die son.  Die winter het uiteindelik aangebreek, maar baie erger as tevore.  Deesdae is dae by Wouwtjieland erger as wat jy in jou vrieskas sou bly!  So, trek julle baadjies aan en kry jouself reg vir ʼn “sneeudag” in Wouwtjieland.  Hopelik het alle maatjies ʼn lekker snoesige baadjie en ʼn warm hartjie om te juig en te lag, om hulle warm te hou.  Bibberland het verseker nie sy deur toegemaak nie!  Elke Mamma en Pappa moet hul  kinders ten minste een lekker warm drankie gee, as hulle nie stout is nie.  Alhoewel Wouwtjieland baie koud is, is dit marshmallow by ons warm sjokolade.  Ek hoop alle Wouwtjies doen goed in die eksamen en ek, Linda du Plessis en my kollega, Nika van Rooyen, stuur voorspoed vir al die toetse en sport wat almal gaan doen.  Onthou om julle warm kombersies oor julle te trek vanaand en snoesig aan die slaap te raak!