Wouwtjies skitter in die kollig
Deur Gisele Geldenhuys en Sandy Prinsloo (Graad 7)
Na vier jaar was dit weer tyd vir Wouwtjies om tydens die Revue hul talente op die verhoog uit te leef. Na 6 weke se harde oefening en beplanning het die Wouwtjies tussen die 10de en 13de Mei die Amfi se dak gelig. Van Lekkerland tot Wouwtjieland het ons onsself geniet en was dit ‘n geleentheid vir almal om te onthou.
Dit het alles begin by die naweek-oefeninge. Elke Wouwtjie het hard saam met die choreograwe geoefen om die danse te leer. Die Wouwtjies het ook in skooltyd geoefen om die danse ten beste uit te leef. Tesame met die danse, het die Wouwtjies hul harte uit gesing en die ouers en personeel trots gemaak. Die sanggroep het met hul wonderlike stemme die liedjies opgeneem. Behalwe die gesing en gedansery, het die Wouwtjies se kostuums in die kollig geskitter. Die kostuums is spesiaal vir elke klas en kind ontwerp en met liefde gemaak. Te danke aan Tannie Elisma, is die Revue-opname gedoen en die foto’s geneem, waarna ons vir altyd kan verwys.
Die hoofkarakters het deur sewe verskillende lande gereis om hul eindbestemming te bereik. Elke land het sy eie storie vertel en die toeskouers saam op die avontuur gevat. Elke graad het ’n land verteenwoordig waardeur hul gereis het om op die ou einde Wouwtjieland ( wat die graad 7’s verteenwoordig het) te bereik, want Wouwtjieland is die plek waar vriende gemaak word, wat hou vir ‘n leeftyd!
Die 2022-Revue was ‘n reuse sukses, wat vir ewig in elke Wouwtjie se hart sal bly. Te danke aan die personeel het hulle hierdie jaar se Revue vir ons moontlik gemaak en te danke aan hul moeite en toewyding, was dit spesiaal, prettig en beslis een vir die boeke!