MENEER MARINUS SE TOER NA SWEDE!
Deur Clarisé van Niekerk (Graad 6)
Hoe het Meneer Swede ervaar?
Swede is ‘n ongelooflike land. Dit was interessant om te sien hoe hulle stelsels werk.
Watter weersomstandighede het Meneer ervaar?
Dit is die oorskakeling van winter na somer, so dit was darem nie te koud nie. Daar was wel een dag wat dit gereën het, wat koelerig was.
Sal Meneer graag vir die Sweedse kinders wil skoolhou, of verkies Meneer dit in Suid-Afrika?
Ek verkies dit om vir Suid-Afrikaanse kinders skool te hou. Hier is baie meer dissipline in ons land se skole.
Hoe sal Meneer hulle akademie beskryf, is ons op dieselfde akademiese standaard?
Die akademie in Swede is op ‘n baie goeie standaard. Ons hier by Laerskool Anton van Wouw moet bevoorreg wees om in so ‘n akademiese omgewing onderig te kan word. Ons leer, veral in wiskunde, baie dieselfde as in Swede.
Wat dink Meneer van Swede, sal Meneer dalk daar wil bly?
Ek glo nie ek sal in Swede kan bly nie, alhoewel ek mal is oor die rustigheid daar. Suid-Afrikaners is meer mense-mense, lekker mense. Ek sal ‘n gesellige braai vir niks verruil nie.
Watter soort kos het Meneer geëet, was dit lekker?
Ons het die eerste aand net vis geëet, Swede hou van ‘n salm. ‘n Tradisionele kos van Swede is “meatballs”, wat verskriklik lekker is.
Wat was Meneer se gunsteling uitstappie, waarom?
Dit was vir my so interessant om elke dag die skool te besoek, om te sien hoe doen hulle kinders die werk, hoe die onderwysers onderrig en ook hoe hulle stelsels werk.
Dink Meneer die toer was lank genoeg, of sou meneer dalk langer wou bly?
Ek sou graag meer van Swede wou sien, bietjie Stockholm toe gaan en daar gaan “explore”.
Hoe laat moet die Sweedse personeel by die skool wees?
Die skool begin om 08:20. Die personeel moet net opdaag vir hulle klasse, daar is geen stelsel waar die onderwysers moet rapporteer of ‘n vergadering bywoon nie.
Is daar iets uit die Sweedse skole wat Meneer graag sal wil inbring in ons skool?
Daar is ‘n hele paar akademiese aspekte wat mens hier kan oorweeg. Soos bv. in die laer grade word ‘n klas in 3 groepe verdeel. Een groep doen akademiese werk (in die skrif), die ander groep doen groot motoriese bewegings met musiek, die ander groep doen fisiese oefeninge.
Watter vervoermiddel gebruik die meeste kinders om by die skool te kom?
Baie van die leerders loop skool toe, want hulle bly naby die skool. Die gr.9 leerders ry self met karre skool toe, maar die kar kan net 30km per uur ry.
Wat het vir Meneer uitgestaan van hulle skool?
Die leerders dra glad nie skooluniforms nie, seuns kan lang hare hê en oorbelle dra. Die dogters mag gremering dra en hare hê wat gekleur is.
Sal Meneer graag weer soontoe wil gaan?
Dit was lekker om te besoek, maar ek sal nie daar wil skoolhou nie.
Watter ander land sal Meneer ook graag wil besoek?
Ek dink Finland of Denemarke sal ‘n ongelooflike belewenis wees. Dit is die lande met die beste skool sisteme.
Was die mense in Swede vriendelik en bedagsaam?
Oor die algemeen is die Sweedse mense baie bot, totdat jy met hulle Engels praat, dan weet hulle jy is ‘n toeris en is dan baie bedagsaam en vriendelik.
Oor die algemeen is dit vir Meneer lekkerder in Swede, of in Suid-Afrika? Waarom?
In Suid-Afrika. Daar is niks lekkerder as ‘n Suid-Afrikaanse sonskyndag met ‘n braaivleisvuur nie.