
WOUWTJIES SKITTER OP DIE SPORTVELD!
Deur Lea Dirker (Graad 6)
Donderdag 3 Maart, het Wouwtjies net hulle beste gegee op die velde teen Laerskool Generaal Hendrik Schoeman.
Die seuns het hul man gestaan met die rugby en puik resultate opgelewer, deur 6 van die 9 wedstryde te wen!
In die netbal het die dogters net so goed gevaar, met ons 1ste-span wat ‘n puik oorwinning teen GHS behaal het.
Baie sterkte vir die res van die seisoen! Wouwtjies, ons is baie trots op julle!