Wouwtjies groet juffrou Gerda Jacobs

Wouwtjies groet juffrou Gerda Jacobs

Wouwtjies groet juffrou Gerda Jacobs

Deur Gisele Geldenhuys en Sandy Prinsloo (Graad 6)

 

Dié onderwyser met geduld, groot liefde vir kinders en ‘n glimlag agter haar masker, gaan vanjaar Wouwtjieland verlaat.  Juffrou Gerda was altyd daar vir ons en het ons aangemoedig om ons volle potensiaal te bereik en nog vele meer.  Juffrou Gerda werk nou al amper 17 jaar by ons skool en het elke jaar ‘n verskil in elke leerder se lewe gemaak.

 

Juffrou Gerda sê: “Ek wou nog altyd, vandat ek onthou, ‘n onderwyseres word.  Onderwys was nog altyd my passie.”  Sy sê verder: “Ek sal verseker die kinders onsettend baie mis omdat elke leerder so diep in my hart gekruip het.  Om onderwys te gee, is ‘n ongelooflike voorreg.”

 

Juffrou Gerda wil vir al die leerders van Laerskool Anton van Wouw sê dat hulle nooit moet moed opgee nie en hulle moet sommer vroeg al aan ambisie begin werk.  Juffrou Gerda se gunsteling ervarings by Wouwtjieland, was die leerders en hul verskeie persoonlikhede, Verefeeste en Kaskar.

 

Juffrou Gerda wil graag die volgende sê: “Dankie aan elke kollega, leerders en ouers wat oor my pad geloop het en my onderwysloopbaan so spesiaal gemaak het.  Anton van Wouw sal altyd ‘n baie spesiale plekkie in my hart hê!  Jul sien my dalk eendag langs die rugbyveld as ek my kleinkinders aanmoedig.”

 

Juffrou het diep spore in elkeen van ons harte getrap en ons wens vir Juffrou die beste vir die pad vorentoe.  Uit die harte van elke kind by die skool wil ons vir Juffrou sê: “Baie dankie vir alles wat Juffrou vir ons gedoen het.  Ons gaan Juffrou baie mis en vir altyd onthou.”

Nét ‘n afstand van 9895 km!

Nét ‘n afstand van 9895 km!

Nét ‘n afstand van 9895 km!

Deur Kiki Butler & Chanté Stremmelaar (Graad 6)

 

Wie is welwillend, humoristies, verwelkomend en baie intelligent?  Natuurlik is dit niemand anders as Juffrou Irma Comrie nie – ‘n liefdevolle onderwyseres hier by Laerskool Anton van Wouw!  Toevallig, is hierdie ook die kenmerke van Dublin, die hoofstad van Ierland!

 

Waar pas hierdie in, wil julle sekerlik weet?  Ongelukkig is daar slegte nuus wat volg…

 

Dit is met swaar harte wat ons ongelukkig na 14 jaar vir juffrou Irma Comrie moet groet.  Juffrou Irma se man het ‘n werksaanbieding vanuit Dublin ontvang; daarom kom haar loopbaan as ‘n Wouwtjie- onderwyseres tot ‘n einde.  As alles volgens plan verloop, gaan slegs juffrou Irma en haar man teen die einde van Januarie 2022 na Dublin, Ierland, immigreer.  Juffrou Irma noem dat haar reis na Ierland glad nie deel van haar en haar man se toekomsplanne was nie en dat hulle eintlik in die bos wou aftree.

 

Juffrou Irma het besluit dat sy vir eers nie in Dublin gaan skoolgee nie, maar eers die omstandighede sal verken en daarvolgens besluit wat sy verder in haar loopbaan sal doen.

 

Haar twee dogters sal in die Comrie-huis in die Jakarandastad aanbly.  Die huis sal altyd ‘n toevlug wees vir haar twee dogters, want daar het hulle familie-herinneringe gemaak.

 

Ter afsluiting wil juffrou Irma hê dat elke Wouwtjie die volgende woorde moet hoor: “Die ding wat ek die meeste van Laerskool Anton van Wouw gaan mis, is die eerste kind wat my elke oggend groet en my laat glimlag!  Julle kinders is ‘n wonderlike rede waarom ek elke dag met ‘n lied in my hart skool toe gekom het…”

ADVANCED TOASTMASTERS COURSE

ADVANCED TOASTMASTERS COURSE

ADVANCED TOASTMASTERS COURSE

Written by Mia van Rooyen Grade 7Z

 

According to Forbes-magazine, the number one fear for the average person is public speaking.  This fear is called glossophobia. The second most common fear is death.  This means that most people would rather die than speak in front of a crowd!

Luckily for the Wouwtjies, we are blessed to be involved with Toastmasters International.  Last year many Grade 6 children completed the Basic Toasmasters Course with great success.

 

This year, the very distinguished and knowledgeable Mr. Ian Flint, presented the Advanced Toastmasters Course to several grade 7 learners, who chose to participate.  He has been involved at our school for many years.  We are thankful to Mrs Bowker and Miss Naudé who organise this special opportunity and encourage the participants throughout the course of 6 weeks.

 

This course is described as an Honours degree and is named “Linguistic Life Lessons”.  Only those who successfully completed the first course may be included.  I can assure you that we all learned many valuable life lessons and had a lot of good laughs along the way.

 

We were taught to present many different speeches, including birthday toasts, presenting an award and even performing as Master of Ceremonies at a function.  One of the favourite categories was the “roasting speech” in which you are required to speak about a close and long-time friend.  You relate your experiences and the personal information about your good friend, but in a very humorous and often sarcastic manner.

 

At our beautiful and elegant Toastmasters banquet, Zoë Louw presented a very funny and enjoyable roasting speech, poking fun at certain members of the school staff.  The audience loved it!

 

All of us are so grateful for the opportunity we had to complete this course and will always be thankful for acquiring the life skill of public speaking.  At least we won’t have to choose between speaking or death!

Wouwtjies karring botter

Wouwtjies karring botter

Wouwtjies karring botter

Deur Meaghan Lamprecht (Graad 6)

 

 

Ek onthou dit soos gister!  Die Wouwtjies het tydens my Graad 3 jaar in 2018 op ‘n uitstappie na die Pioniers Museum gegaan.  Dit was waarlik ‘n belewenis vir my!

 

Aktiwiteite soos toutrek, botter maak, kettie skiet, vars plaasbrood geniet, kerse maak en piekniek hou langs die rivier het vir ons Graad 3-leerlinge heelwat vreugde en opwinding by Die Pioniers Museum verskaf.

 

Die Covid-pandemie het egter meegebring dat geen Wouwtjie vir die afgelope twee jaar op enige uitstappies of toere kon gaan nie.  Dit is baie hartseer dat die leerders in Graad 2 en Graad 3 nie tans die voorreg het om uitstappies na die onderskeie museums of Voortrekkermonument mee te maak nie.

 

Die Graad 3-juffrouens het egter aan die begin van die kwartaal vir hul leerlinge geleer hoe om self botter te maak en die Wouwtjies het hul gate uit geniet!  My sussie in Graad 3 kon nie uitgepraat raak daaroor nie!  Sy het daardie selfde aand tuis vir ons gesin botter gemaak en ons stem almal saam dat dit heerlik is!  Dit was nie naastenby dieselfde ervaring as by die Pioniers Museum nie, maar dit is steeds altyd pret en ‘n voorreg om nuwe kennis op te doen!

Pienk November Voetjies

Pienk November Voetjies

Pienk November Voetjies

Deur Chanté Stremmelaar & Kiki Butler (Graad 6)

 

Juffrou Neline du Plessis se lewensreis het ‘n nuwe hoofstuk bygekry, want in November 2021 gaan daar ‘n paar pienk voetjies op haar voorstoep wag!  Haar dogtertjie, Amari Emelia du Plessis, wat wonderwerk van God beteken, se verwagte datum van geboorte is 24 November 2021.  Sy het op 15 Maart 2021 uitgevind dat sy swanger is en op 23 Julie 2021 uitgevind dat haar baba pienk voetjies het!  Op die oomblik is Juffrou Neline sewe maande swanger met Amari.

 

Ons almal hoop en hou duimvas saam met Juffrou Neline dat Amari ‘n ware engeltjie gaan wees!  Ons glo Amari het ‘n borrelende persoonlikheid, goudblonde hare soos haar mamma en haar pappa se glinsterende bruin oë!  Juffrou Neline en haar man, Willem, is dankbaar vir hierdie voorreg en wonderwerk wat tot hul lewens toegevoeg is.  Volgens juffrou Neline gaan Amari definitief in Laerskool Anton van Wouw wees!

 

Juffrou Neline se verwagte pienkvoetjie gaan nie haar loopbaan beïnvloed nie, want sy gaan aanhou om haar droom as ‘n wiskunde-onderwyseres uit te leef.  Sy wil graag Amari se eerste verjaarsdag op die strand tussen sand en skulpies vier!

 

Baba du Plessis se raaisel se wenners sal aan die einde van kwartaal 4 aangewys word nadat Amari gebore is.

Ons is almal opgewonde om in hierdie nuwe lewenshoofstuk van Juffrou Neline, waarin Amari Emelia du Plessis se naam opgeskryf staan, te deel!