Sport
Atletiek
Gholf
Hokkie
Krieket
Landloop
Muurbal
Netbal
Rugby
Ruitersport
Skaak
Sport buite skoolverband
Swem
Tennis
Rugby
Die spelers gaan toer elke jaar na verskillende afrigtingsklinieke. Die o.11 en o.12- seuns speel ook in ‘n Sewes-liga, waaraan verskeie skole in Pretoria deelneem. Ons Bulletjies staan verseker nie agter in die tou wanneer dit by afrigting kom nie. Hulle vorm ook deel van die “Rugby Skills Development”-program, waar daar vaardighede ontwikkel en aangeleer word. Ons Bulletjies kry geleentheid om aan die Loftusdag deel te neem. Voorwaar ‘n gulde geleentheid om op dieselfde veld as hul rugbyhelde te speel!
Prestasies in ‘n neutedop…
2019
- Die Wouwtjies spog met ‘n o.12 Vyftientalafrigter (Provinsiale afrigter).
- Twee afrigters is ook Distrikspanafrigters.
- Een speler haal die Cravenweekspan en die Provinsiale Sewespan.
- Een span dring deur tot die semi-finale van die Bloubulle-uitspele.
- Die Wouwtjies lewer 17 Distrikspelers op.
Rugbyoefening vind op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas. Hier word hard gewerk aan die vaardighede en reëlbesprekings.
Bulletjierugby (5-8 jariges)
Bulletjierugby is ’n ouergedrewe sport, om jong voorskoolse spelers bekend te stel aan rugby en die ontwikkeling van basiese rugby-vaardighede te kweek.
Ouderdomsgroepe:
6-span: Voorskoolse kinders, nie jonger as 5, en nie ouer as 6 jaar nie.
7-span: Kinders, die jaar waarin hulle 7 word.
8-span: Kinders, die jaar waarin hulle 8 word.
Die spel:
Die o.6- en o.7-spanne speel “rip” rugby met geen kontak nie. Die o.8-spanne begin met lynstane en skrums in ’n nie-kompeterende formaat. Die spelergetalle in spanne is kleiner en alle spelers kry dus die geleentheid om die bal te hanteer en die spel te geniet. Die fokus is op deelname, daarom is daar geen wenmotief in wedstryde nie.
