Oud-Wouwtjies presteer internasionaal!
Wêreld Ekspo goue medalje-wenner
Milandri Schutte, ’n oud-Wouwtjie, het aan die virtuele Internasionale Wetenskap-Ekspo in Costa Rica deelgeneem. Sy het weggestap met ’n goue medalje vir haar gemmer-lekkerny, wat sy omskep het om oud en jonk te help veg teen verkoue- en griepsimptome.
Welgedaan Milandri, ons Wouwtjies is trots op jou!
Olimpiese Spele Tokio 2021
Nog ’n oud-Wouwtjie, Duné Coetzee, is deel van die Suid-Afrikaanse swem- aflosspan wat vanjaar aan die Olimpiese Spele in Tokio deelgeneem het.
Duné het haar persoonlike beste tyd tydens dié spele geswem.
Duné, ons sien uit na al die Olimpiese medaljes wat jy in die toekoms gaan verwerf!