Sport
Atletiek
Gholf
Hokkie
Krieket
Landloop
Muurbal
Netbal
Rugby
Ruitersport
Skaak
Sport buite skoolverband
Swem
Tennis
Netbal
Die Wouwtjies neem in die Diamond A-liga deel. Dit is ‘n sterk liga, waar ons netbaldogters nie terugstaan vir enige skoolspan nie. Die netbalspanne kry die geleentheid om verskeie kursusse by te woon en die hoogtepunt is dat die Eerstespan geleentheid kry om te toer. Die Eerstespan neem gereeld aan die gesogte George-toernooi deel en eindig elke jaar onder die top drie spanne.
Dit is dus glad nie vreemd om gereeld Wouwtjiespanne by die uitspele vir die Gauteng-skoletoernooi te sien nie.
Prestasies in ‘n neutedop…
2019
- Drie spanne word as ligawenners gekroon en twee spanne as naaswenners.
- Die Eerste- en o.12-A spanne dring deur na die Jakaranda-uitspeelrondtes, waar beide spanne derde in hulle onderskeie ouderdomme eindig.
- Twee dogters word in die Distrikspan opgeneem.
- Een dogter word verkies tot die Gautengspan en sy word ook aangewys as kaptein van die span.
2020
- Twee dogters word in die Distrikspan opgeneem.
Die afrigters bly op hoogte met die nuuste afrigtingstegnieke, en woon kursusse van vooraanstaande afrigters in Suid-Afrika by, wat hulle help met spankeuses en speler-identifisering. Die spanne oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae onder die wakende oog van puik afrigters. Daar word baie aandag aan die vaslegging van vaardighede gegee.
Mini-netbal
Graad 1 tot 3-leerders speel mini-netbal. Anton van Wouw fokus op ‘n vroeë ouderdom (Gr. 1) op vaardigheidsontwikkeling. Die spelers neem aan vriendskaplike mini-netbaltoernooie deel.
Om die vaardigheid en spel aan te leer, speel die dogters op ’n rotasiebasis. Deelname is vir ons baie belangrik en élke maatjie kry ’n beurt.