Sport
Atletiek
Gholf
Hokkie
Krieket
Landloop
Muurbal
Netbal
Rugby
Ruitersport
Skaak
Sport buite skoolverband
Swem
Tennis
Hokkie
Hokkie is die grootste sportsoort in getalle by die skool. Hulle neem ook in die Grootskole-liga deel. Hier presteer die Wouwtjie-hokkiespelers uitstekend.
Afrigting vind plaas deur bekwame afrigters in samewerking met buite-afrigters.
Afrigting geskied van Maandae tot Donderdae en alle spanne kry die geleentheid om op die veeldoelige veld te oefen.
Prestasies in ‘n neutedop…
2018
- Twee spanne wen hulle onderskeie ligas.
- Twee hokkiespelers word in die Gauteng-Noord span opgeneem.
2019
- Twee spanne wen hulle onderskeie ligas
- Vier hokkiespelers word in die Gauteng-Noord span opgeneem.
- Twee Wouwtjie-afrigters is gekies as afrigters van die Gauteng-Noord span.
Mini-Hokkie (Gr.1-3)
Mini-hokkie word gespeel deur Gr.1- tot 3-leerders. Daar word aan vier feestoernooie in die seisoen deelgeneem en dit vind op Donderdae en Saterdae plaas. Oefeninge vind twee keer per week plaas.
Deelname is vir ons van kardinale belang en elke maatjie kry ’n kans om te speel.
