Fasiliteite

Mooiste skoolterrein in die ooste van Pretoria!

In die hartjie van Brooklyn en Nieuw Muckleneuk uitbreiding lê die lowergroen juweel. Ons ongelooflike netjiese skoolgronde is ‘n lushof! Die boomryke tuine, groen grasperke, netjiese gebou (waarvan sommige dele 95 jaar oud is)… ons lekkerte om elke dag te kan geniet!  Die terrein, wat elke kind soos die palm van sy hand ken, is vir ons kaalvoetkinders ‘n tuiste tussen hulle maatjies, waar hulle sonder sorge kan speel, kindwees en die mooiste herinneringe bou.

Onderriglokale

Goed toegeruste lokale met slegs 25 – 28 leerders per klas.

Elke klas het ’n dataprojektor en 6 klasse het interaktiewe borde.

Tegnologie word gebruik in elke lesaanbieding en maak skoolgaan opwindend en deel van ons kinders se leefwêreld!

Mediasentrum

‘n Volledig toegeruste mediasentrum.  Hierdie fasiliteite is tydens skoolure en ná skool tot die leerders se beskikking.

Rekenaarsentrums

Junior- en Seniorsentrum

Leerders ontvang gedurende skoolure onderrig  in rekenaargeletterdheid, perseptuele ontwikkeling, lees en kodering. Onderrig verskil van graad tot graad. Die koste hieraan verbonde is by die skoolgelde ingesluit.

Sportfasiliteite

Nuwe veeldoelige bane… ons benut dit vir hokkie, netbal en tennis. Lieflike grasgroen rugby- en netbalvelde. Ons het ook ’n swembad.

Administratiewe fasiliteite

‘n Moderne, volledig toegeruste administratiewe kompleks bied uitstaande geriewe ter ondersteuning van doeltreffende onderwys.

Tiki-draai-snoepie

Dié pragtige snoepwinkel cum koffie-kafee, bied ‘n uitstekende diens aan ons leerders en ouers.  ‘n Wye verskeidenheid heerlike, gesonde etes en ander verversings vrolik enige skooldag op!

Oop van vroegdag (07:00 tot bedrywighede tot ‘n einde kom in die middae)

Wouwtjie Pre-primêr

Die  kleuterskool sal jou laat verlang na jou kinderdae. Die mooiste, boomryke terrein en so reg in die kraal vir enige kleinwouwtjie. Die sandputte, klimrame, skopfietsiebaan, pophuise (en dan word daar nie eers van al die ongelooflike speelgoed gepraat nie) is die beste speelplek vir enige klein mensie.

Naskoolsentrum

Die naskoolsentrums is op ons terrein, en voldoen aan die behoeftes van alle leerders van Gr. RRRR tot 7 vanaf ná skool tot 17:30. Vakansieskool is deel van die naskoolfooie.

Die Pre-primêre afdeling het hul eie, aparte naskoolsentrum.

Voortrekkers

Die Voortrekkers het hulle eie Dirkie Uys Voortrekkersentrum op ons terrein.