Grondslagfase (Gr.1-3)

Élke ouer wil graag vir hul kind ’n voorsprong in die lewe gee… in die Grondslagfase sorg ons dat die eerste, basiese, fundamentele “bloublokkies” (lees, skryf en somme maak) in plek is… speel-speel…  soos dit hoort!

Ons klein-klas-beleid is die sleutel tot ons suksesstorie.

Die jonger kinders geniet elke oomblik van hulle oulike juffrouens se kreatiewe, visuele lesaanbiedings… m.b.v. die nuutste tegnologie in elke klas.

Die Grondslagfase het hul eie e-leer platform waarop alle lesse beskikbaar is, so kan leerders bybly tydens afwesighede en dit kan gebruik word vir ekstra inskerping.

Ons toegewyde onderwysers stap die ekstra myl waar individuele aandag nodig is om kernkonsepte vas te lê, tydens heronderrig in ’n klein groepie ná skoolure (weekliks).

Gereelde kommunikasie is die Grondslagfase se wagwoord tot sukses. Die d6-toepassing is ’n móét op elke ouer se foon of rekenaar.

Leer is baie, baie lekker hier by die Wouwtjies – ons gaan op uitstappies en instappies; verf en teken; sing en dans; dramatiseer en redeneer; speel en bou; fantaseer en droom!

Kindwees is ’n fees… by die Wouwtjies!