1925 – 1929: ‘n Nederige Begin

Mnr. W.J. van der Heever

1925:

  • Die Nu-Muckleneuk Skool word op 27 Januarie om 08:00 geopen.
  • Personeel van 3: Hoof – mnr. W.J. van der Heever, twee onderwysers – Mee. E.S. Grobbelaar en J.J. van Vooren.
  • Leerlinge: 61 op die eerste skooldag, van wie 39 van die Brooklynse Engelsmediumskool gekom het, 13 van ander skole en 9 vir die eerste keer toegelaat is.
  • Die skool besit een stoel en een tafel, vir die eerste rukkie was daar geen skoolmateriaal en leerboeke nie.
  • Lae leerlingtal omdat die gebied yl bewoon was. In Nieu-Muckleneuk was daar 37 huise, Waterkloof was dun bevolk en in Groenkloof was daar een huis, dié van die boswagter.
  • Die hoof plant dadelik baie bome op die terrein aan.
  • Leerlinge was uit die armer klas van die samelewing – daar was baie keer na hulle verwys as “backwards”.
  • Eerste bedrag van R 8,00 vir ‘n biblioteekfonds byeengebring.

1926:

  • 90 Leerlinge.

1928:

  • ‘n Standerd 6-klas word vir die eerste keer ingestel.
  • Skoolfonds is 59 Pond en 56 pennies (R118,45).
  • ‘n Buitelug-klaskamer word opgerig met fondse wat deur die leerlinge ingesamel is.

1930 – 1939: Stadige Groei

Mej. M.C.A Kat

Mnr. G.F.M. du Pré

1930:

  • Mnr. van der Heever verlaat die skool.
  • Die skoolgetalle daal weer tot 68; vanjaar is daar geen kinders in die standerd 6-klas nie.
  • Mej. M.C.A. Kat neem waar as hoof.

1931:

  • Tweede permanente hoof word aangestel: Mnr. G.F.M. du Pré.

1937:

  • Engels is een van die leerlinge se swakpunte omdat hulle nooit Engels hoor nie.
  • Baie van die leerlinge is steeds ondervoed en kry daagliks voeding by die skool.

1938:

  • Een standerd 6-leerling. Die leerlinggetalle begin geleidelik styg; die jaar eindig met 95 leerlinge.

1939:

  • Skoolgebou is nog nie eers van binne gepleister nie.
  • In Julie word ‘n vierde onderwyser tot die personeel toegevoeg.
  • 115 leerlinge in hierdie jaar.

1940 – 1949: Snelle Uitbreiding

Mnr. H.C.S. Ribbens

Eerste Skoolwapen

Lentefees: Prinses op ‘n vlot

1940:

  • Leerlingtal is 128.

1941:

  • Fondse word bewillig vir die opknapping van die skoolgebou en die aanbou van ‘n gradekamer, waskamer, kantoor en voorraadkamer.

1943:

  • Desember word die eerste formele personeelvergadering gehou.
  • Die biblioteek bevat al 250 boeke en ‘n tweedehandse klavier is aangekoop.

1944:

  • Vanaf Februarie word Garsfontein-kinders met ‘n skoolbus aangery en die getalle styg tot 133.
  • Die terrein word met twee erwe vergroot.

1945:

  • ‘n Vyfde personeellid word aangestel.
  • ‘n Nuwe klaskamer word gebou.

1946:

  • 149 leerlinge.

1947:

  • Mnr. du Pré word na Bethal gesekondeer en mnr. H.C.S. Ribbens as waarnemende hoof benoem.
  • Nuwe sportterrein word einde Julie geopen. “Dit is ‘n Rooiletterdag in die geskiedenis van ons skool” het mnr. Ribbens gesê.
  • Bou twee tennisbane, 1 kolfblad, 2 ringtennisbane en 5 jukskeibane.
  • Skoolkleure (wynrooi en groen) en vaandel word amptelik in gebruik geneem.
  • Klubs word gestig – lede van die publiek kon hier kom boks, stoei, gimnastiek en volkspele doen.
  • 1 Oktober : vier eerste Lentefees.
  • Administrateur van Transvaal, genl. J.J. Pienaar, kroon die eerste lenteniggie, Adriana Prenzler.

1948:

  • Mnr. H.C.S Ribbens word aangestel as hoof.
  • Skool vier 21 jaar op 7 Junie.
  • Vier bekers word geskenk vir sport – en skolastiese vordering.
  • Skoolgeboue: 5 klaskamers en 1 tydelike lokaal.

1949:

  • Skoolwapen oorhandig – deur Mev Krabbedam vervaardig.
  • Skoolleuse was “Altyd Vooruit” – die kleure (rooi, groen, geel) is ‘n simbool van die rypheid wat deur onderwysers verkry word. Fakkel
    is die simbool van kultuur. Springbok simboliseer die beste wat leerlinge kan lewer, soos in sport.
  • Nog twee klasse word aangebou.

Eerste Lenteniggie

Prinses van die Lentefees

Lentefees 1947

Volkspele 1947

1950 – 1959: Hoogbloei

Banier

Borsbeeld van A.v.W

Dr. Herman Stander

Skoollied

Anton van Wouw en sy twee Dogters

Skoolwapen

1950:

  • Leerlingtal: 245.
  • Ontvang die Solomontrofee vir die die skool wat die meeste gespaar het.

1952:

  • Leerlingtal is 341.
  • Op 12 Mei word die Dirkie Uys Voortrekkerkommando gestig, met 7 offisiere en 90 Voortrekkers.
  • Eerste kommandant is dr. Herman Stander.

1953:

  • Laerskool Menlopark word geopen. Die Muckleneukskool verloor leerlinge uit Hazelwood en Garsfontein.

1954:

  • Leerlingtal is 372 en 11 personeellede.
  • Skoolterrein ontwikkel – 350 bome, 400 struike en 250 klimoppe aangeplant. 90 UP-studente kom help gras plant.
  • Nuwe kolfblad en skietbaan, deel van die terrein word geteer.

1956:

  • Mnr. Ribbens tree af.

1957:

  • Leerlingtal is 500.
  • Dr. H. Stander aangestel as 4de hoof.
  • Volkspele – amfiteater word opgerig met speelruimte vir 100 pare en sitplek vir 450 toeskouers.
  • 11 Mei – nuwe sportterrein word amptelik in gebruik geneem.
  • Die direkteur van onderwys, dr. A.H. du Preez van Wyk, beloof die skool ‘n saal.
  • Dr. Stander stel die tradisie in dat die St. 4-leerlinge vir die St. 5-leerlinge ‘n afskeidsfunksie reël.
  • Terrein uitgebrei tot 11 erwe en die oorblywende 2 huise is ook uitgekoop.

1958:

  • Leerlingtal is 504.
  • In Mei word aansoek gedoen om die skool na die beeldhouer, Anton Van Wouw, te vernoem. Dit word in September deur die Onderwysdepartement goedgekeur.

1959:

  • 29 Mei word die nuwe biblioteek geopen, met 3000 boeke.
  • Op 4 Junie besoek Anton van Wouw se 2 dogters, Johanna en Helena, en 2 van sy niggies, die skool.
  • Hulle skenk ‘n waardevolle bronsbeeld van die beeldhouer (deur homself gemaak) en ‘n stel van sy werke aan die skool.
  • Vier nasate van Anton Van Wouw is leerlinge in die skool.
  • Maart: nuwe skoolwapen, ontwerp deur die kunsskilder, W.H. Coetzer, word goedgekeur.
  • ‘n Anton Van Wouw-beeld, (1 van die burgers van die Krugerstandbeeldgroep op Kerkplein), word as hoofmotief gekies. Dit is ‘n fris jong man met ‘n kenbaard. Hy sit peinsend, met sy kop op sy hand gestut, maar is tog wakker, gereed om met die geringste verdagte beweging sy sanna met die regterhand te lig. Agter hom is ‘n opkomende son.
  • Die leuse is Waak en Werk.
  • Nuwe skoolkleure: wynrooi, geel en ligblou.
  • 18 September – amptelike opening van die skoolsaal deur die Administrateur van Transvaal, mnr. F.H. Odendaal.
  • 52 eregaste, 550 ouers, 504 leerlinge en 200 oud-leerlinge.
  • Boukoste: R 34,000
  • Nuwe skoollied word amptelik deur die Rudolph-egpaar oorhandig en die lied word die eerste keer in die openbaar deur die leerlinge gesing.
  • Musiek: Anna Rudolph
  • Woorde: Coenie Rudolph
  • Die skool se terrein word nog verder vergroot.

Inlywing 1952

Anton van Wouw en die borsbeeld van Genl. De La Rey

Oorhandiging van Borsbeeld

Anna Rudolph

Coenie Rudolph

Mnr. W.H. Coetzer

1960 – 1969: Hoogbloei

1960:

  • 5 November word die swembad amptelik in gebruik geneem.

1963:

  • Operette “Die Towenaar van Drakenstein”.

1964:

  • Rig 3 voorafvervaardigde lokale op.
  • Jaarlikse toewysing vir biblioteekboeke: R 157,80.

1965:

  • Die nuwe skoolbus doen elke dag 2 ritte op die skema.
  • Skoolfiets (Achilles 28) word gesteel voor Brooklyn Circle Hardeware-, verlies is R21,02.

1966:

  • Leerlingtal steek die 800-kerf verby. Personeel: 24.
  • Skool groei só dat 4 morg (‘n blok huise aan die suidekant van die skool) aangekoop is.
  • Klasgroottes wissel tussen 30 en 39 leerlinge per klas.
  • Eerste Oupa- en Ouma-dag aangebied.

1967:

  • 6 nuwe klasse word voltooi.
  • Interskole gala (Hillcrest) teen ses skole. Wen al ses wisseltrofees.

1968

  • Begin met 878 leerlinge.
  • Vakonderwys vir standerds 3, 4 en 5 word ingevoer.
  • Dit lei (volgens inspekteurs) tot groter geesdrif en belangstelling by die onderwysers.
  • Vleisbraaifunksie: 1400 mense woon dit by en die wins beloop R607,00.

1969

  • Ontvang eerste 3 tru-projektors en eerste elektriese Olivetti-tikmasjien.

Die Towenaar van Drakenstein 1963

1970 – 1979: Skool Krimp…

Mnr. W.W. de Vos

Spansentrum

Spansentrum

1970:

  • Rekordgetal leerlinge: 890.
  • Klasgroottes: 28-40 leerlinge per klas.
  • Laerskool Monumentpark open sy deure – ons verloor ‘n belangrike uitbreidingsgebied en die getalle begin daal.
  • Bybelfees – gelei deur dr. Murray Janson.
  • Interkomstelsel geïnstalleer.
  • Verskeidenheidskonsert – wins R550.00.
  • Einde 1970: Personeel word verdeel.

1971:

  • Die gewysigde gebiedsgrense tree in werking.
  • Leerlingtal: 626.
  • Onderwysers: 21.
  • Februarie: Dr. Stander (skoolhoof) is oorlede. “Skool gaan gebroke, maar met moed en vertroue voort.”
  • Spit eerste sooi van die spankamerkompleks van die Dirkie Uys Kommando op die skoolgronde.

1972:

  • Mnr. W.W. de Vos word hoof.
  • Leerlinge: 558.
  • April: Antoria-seunskoor word gestig (40 seuns).
  • Antonia-seunskoor toer deur die Noord- en Oos-Transvaal (onder die leiding van mej. Wilna Stapelberg) en laat ‘n plaat sny.
  • Tennis eerstespan wen die liga. Danie Visser wen die enkelkampioenskap.
  • 466 leerlinge. Daar is nou soveel leë klasse, dat die kliniek van die skoolsielkundige en voorligtingsdiens tydelik hier gevestig word.
  • Staatskwekery skenk 100 inheemse bome en baie struike.
  • Ouers meet die atletiekbaan uit.
  • St. 5’s skenk vier draaitafels en ‘n kamera.

1973:

  • 501 Leerlinge.
  • Eerste interhuis-atletiek op nuwe veld.
  • Eerste inskrywing oor Grysbokke; Duikers en Klipspringers (Bokspanne).
  • Ouers-onderwysers-kinders-KENMEKAAR word gehou.
  • Fondsinsameling: Perdespringkompetisie (wins: R1500,00).
  • Inwyding van Dirkie Uys-spansentrum.
  • Fondsinsameling: Gholftoernooi (wins: R930,00).

1974:

  • Ouers skenk ‘n Volkswagen kombi.
  • Ouers is baie verontwaardig oor die saamgroepering van gr. 2 en gr. 3
  • Getalle daal na 498, skool word vanaf ‘n P1 na ‘n P11 gedegradeer.
  • ‘n Kawai-vleuelklavier word teen R2170,00 aangekoop (fondse ingesamel deur die Antoria-koor se konserte).
  • Opvoering: “Die Fluitspeler van Hamelin”.

1975:

  • Leerlingtal: 466.
  • Drie skooltermyne word ingestel.
  • Skoolkoor (65 lede), orkers en slagorkes.
  • Direkteur van Onderwys, prof. J.H. Jooste, onthul gedenkplaat by die gedenkingang vir 50ste verjaarsdagvieringe.

1976:

  • Eerste kleurspansport – massadeelname.

1977:

  • Leerlingtal: 531.
  • Nuwe voedingsgebiede is Constantiapark en Waterkloofglen.
  • Nuwe nommers in atletiek: hoogspring, verspring, gewigstoot, hekkies, krieketbalgooi, 600m en 1200m.

1978:

  • Buitekurrikulêre sentrum vir musiek (slegs klavier) word gestig.

Antoria Seunskoor

Die Fluitspeler van Hamelin

Skoolkoor 1975

Die Gedenkpoort in aanbou. Die bouer Mnr. A.S. du Plessis

1980 – 1989: Skool Krimp…

Mnr. G. van R. Els

Mnr. R. van den Berg

Eerste Nuusblad: “Wat Wouw”

Die Bertus Elspaviljoen word geopen

Die houtdeur

1980:

  • 60 gevalle van luisbesmetting – hele skool moet berook word.
  • Wen landswye vasvra-kompetisie oor Leipoldt (gehou deur SAUK). Die skool ontvang R50, die Versamelde gedigte van C. Louis Leipoldt en Leipoldt 100 – ‘n bundel opstelle. Op 24/10 oorhandig mnr. Morkel van Tonder, hoof van die Afr. radiodiens, die prys aan ons skool.
  • Operette: Die Herberg van die Witperd.

1981:

  • Vloedramp in Laingsburg – ons ouers skenk groot bedrae geld en lewensmiddele.

1982:

  • Leerlingtal: 461.
  • Eerste Naskoolsentrum.

1983:

  • Hoofdevergadering: Leesperiodes mag nie vir ander doeleindes gebruik word nie. Lokale moet ten alle tye netjies wees. Onderwysers
    mag nie rook tydens periodes of klaswisseling nie.
  • Eerste Nuusblad: “Wat Wouw”.
  • Sterk boorgat gesink – 2000 gallon/uur.
  • Eerste Kersmark (tradisie) ingestel deur Mimi Coertze.

1984:

  • Leerdertal daal met 7%, 20 personeel, 1 buite-kurrikilêre (klavier) personeellid.
  • Ingangsportaal en hoof se kantoor word gemoderniseer.
  • Gedagboek: “St. 5x – seuns kry elk 2 houe weens swak gedrag in die klas en die dogters word ernstig gewaarsku”.

1985:

  • Leerlingtal: 484.
  • Swaar haelstorm verwoes tuine (Nov), val 125mm reën in 3 dae.
  • Nov: Begin uitgrawings vir die paviljoen.
  • Mnr. G. van R. Els tree af.

1986:

  • Alle ouers, kinders en onderwysers fliek saam by die Fonteine-inry.
  • Nuwe paviljoen word amptelik geopen- skool hou kermis!
  • 16 Junie – arbeidsonrus. Ouers staan wag om die skool te beveilig.
  • Noodtoestand in die land aangekondig.
  • Aug: Mnr. R. van den Berg word aangestel as hoof.
  • Veiligheidsheining word opgerig.

1987:

  • Leerlingtal: 456.
  • Eerste interklas – Rugby-, krieket- en netbaldag.
  • Koepelingang kry pragtige, soliede houtdeur.
  • Koor dring eerste keer deur na “Applous” se streekrondte.
  • Annie (Bokkie) Malan is in St. 5.
  • Eerste Kersspel word opgevoer – 450 leerlinge en Mimi Coertze neem deel.

1988:

  • Leerlingtal: 426.
  • Begroting: R61 600,00.
  • Skooljaar weer in 4 kwartale verdeel.
  • R45 000,00 is ingesamel – bou ‘n kombuis en groot stuk betonblad.

1989:

  • Atletiekspan wen Wyksbyeenkoms.
  • Stoomtreinrit na Cullinan: Gesinsdag.
  • Eerste Hulpklas begin op 1 Junie.
  • Operette: “Lodilla”.
  • Mnr. R. van den Berg aanvaar die pos as hoof van Laerskool Wierdapark.

1990 – 1999: Uitbreiding en Eerstes…

Mnr. Gerhardt Meyer

Me. Mimi Coertse: Onthul Amfiteater

Amfiteater Onthul

Mnr. Hennie Coetzee: Eerste Adjunkhoof

1990:

  • Eerste rekenaarsentrum: 17 rekenaars word geïnstalleer

1991:

  • Mnr. Gerhardt Meyer word aangestel as hoof.
  • Leerlingtal: 518.
  • Rekenaargesteunde Wiskunde-onderrig begin.
  • Eerste Wouwtjie-kultuuraand.
  • Eerste Kerkafsluiting vir St. 5 – leerlinge.

1992:

  • Skoolfonds: R400 p.j.
  • Alle openbare skole word “Model C- Skole”.
  • Wen die Skooltuine-kompetisie 1991 (Genootskap Oud-Pretoria).
  • Retief Burger (in St. 5) en Rohan Marais reël Gholfdag en samel R900 in vir die skool.
  • Revue – “Die Mooiste van Als”.
  • Eerste Pa-en-seun-kamp en Ma-en-dogter-dag word gehou.

1993:

  • Elf nuwe onderwysers – eerste 3 aanstellings deur die Bestuursliggaam en ook ‘n deeltydse persoon in die rekenaarsentrum.
  • Leerlingtal: 593 (verjonging van die gemeenskap).
  • Eerste atletiekbyeenkoms onder ons nuwe spreiligte.
  • Neem nuwe Wetenskaplaboratorium en Handwerksentrum in gebruik.
  • Eerste landloop-interklaskompetisie.
  • Chris Franklin (gr. 1) word die jongste leerling ooit wat ‘n goue medalje wen op die Ekspo vir Jong Wetenskaplikes (Nasionale vlak).
  • Eerste “sokkie” – Boeredans gehou deur St. 5’s.
  • Rekenaargeletterdheid – en woordverwerkingskursus aangebied vir alle personeel.

 1994:

  • Gr. 1 – inname slegs 50 leerlinge.
  • Op 18 Maart word ons nuwe amfiteater ingewy.
  • Eerste demokratiese verkiesing in ons land op 27 April. Skoolvakansie: 25-29 April.
  • “Griep-epidemie” ontwrig die hele skool (Junie).
  • Ons skool neem ‘n “minderbevoorregte” skool aan en raak betrokke by Volwasse Basiese Onderwys.
  • Ekspo vir Jong Wetenskaplikes: ontvang toekenning vir beste prestasie vir laerskole in Noord-Transvaal.
  • Eerste Opedag.
  • Revue: Lappiesklanke.

1995:

  • Ons provinsie word “Gauteng”.
  • Koor – 90 leerlinge.
  • Skool vier 70ste verjaarsdag.
  • Piekniek op die “Rooiland” met vuurwerkvertoning.
  • Drie swemmers ingesluit in Noord-Transvaalspan: Gerhard Zandberg; Emile Verster; Stephan Blomerus.
  • Nasionalisering van die onderwys bring groot onsekerheid – sekuriteit van poste; voortgesette standaarde en finansiering is kwelpunte.
  • 800 atlete neem deel aan ‘n 15km-padwedloop.
  • Beleid van 1:40 onderwys/leerlingverhouding is die “spook” wat mense wegdryf uit die onderwys.
  • Augustus: Stig Entrepreneursklub by die skool.

1996:

  • Gr. 0 – slagorkes tree op.
  • Penny Heyns besoek ons skool (dubbele goue medalje-wenner Olimpiese Spele)
  • Besluit om Engels Tweede Taal onderrig vanaf 1997 op te gradeer na Engels Eerste Taal onderrig (gr. 4 – 7).
  • Ekspo: algehele wenners.
  • Seniorkoor en orkes: algehele wenners op Pta Eisteddfod.
  • Eerste skool in S.A. om “Future Kids” te kontrakteer om rekenaargeletterdheid as vak aan te bied.
  • SAOU bied eerste Hoofde Simposium aan.
  • Oud-Wouwtjie, Jean-Jacques Terblanche, wen goud in Olimpiese Spele (200m medley in swem)

1997:

  • Leerlingtal: 570
  • Vierde gr. 1- klassie, “personeelkamer” nou ‘n weermagtent!
  • Besluit om nuwe adminblok te bou langs die saal.
  • Projekskool vir “uitkomsgerigte onderwys”.
  • Revue (Die Blink Môrester) eerste keer opgevoer in die Staatsteater.
  • Alle tydelike poste word opgeskort – a.g.v. “gebrekkige fondse in die staatskas”.
  • Kwalifiseer vir Adjunkhoofpos. Nuwe Admingebou word geopen.

1998:

  • Eerste keer in baie jare meer as 600 leerlinge.
  • Skuif hoofingang ook na Deystraat, a.g.v. bou van Brooklynsentrum.
  • AvW begin leiding neem in die distrik t.o.v. die akademie.
  • Eerste gr. 2-toer na Loskopdam.
  • Eerste “Speech Festival” gr. 1 – 7.
  • AvW word genooi om aan die Europese Ekspo vir Jong
  • Wetenskaplikes in Portugal te gaan deelneem.

1999:

  • 120 gr. 1 – inskrywings, vyfde klas.
  • Distrik (GDE) stem toe dat die twee aangrensende huise gebruik kan word vir opvoedkundige doeleindes (kleuterskool & personeelbehuising).
  • Musiekblyspel: “Mice & Mozart”.
  • Musiekblyspel: “David’s rock and Goliath’s Roll”.
  • 100 jaar-herdenking van die Anglo Boereoorlog vind plaas in die Amfi – almal neem deel.

Chris Franklin: Ekspo vir Jong Wetenskaplikes

Revue: Lappiesklanke

Eerste Entrepreneursklub

Eerste “Future Kids”

Nuwe Admingebou word geopen

Musiekblyspel: “Mice & Mozart”

2000 – 2009: Vooruitstrewend…

Kleuterskool open

80ste Verjaarsdag

Revue: “Wragtig Tagtig”

Wêreldwye Wouwtjie Reis

Mnr. Chris Henning

Mascot: Willem Wouw

2000:

  • Leerlingtal: 678
  • Anton van Wouw Kleuterskool open amptelik op hul nuwe perseel.
  • Drie klasse word in die Voortrekkersentrum gehuisves.
  • Skool word 75 jaar oud.
  • Skadunette in die amfi opgesit.
  • Die hele skool gaan op ‘n treintoer na Warmbad.
  • Eerste “Afrikaanse Ekspo”.
  • Produksie: “Beauty and the Beast”.
  • 11 November: Millenniumfees: Lugballonongeluk – met Genade geen ongevalle nie.

2001:

  • Leerlingtal: 726.
  • Eerste “English Tea”.
  • Eerste Verefees!
  • Rekord – drie dogtertjies uit personeelgeledere op 20 Junie gebore – D. Purchase se tweeling en W. Malan se dogtertjie.
  • Vier nuwe lokale word langs die swembad gebou.
  • Revue: Reënboogrits – in Aula (720 leerders neem deel).

2002:

  • Eerste volwaardige “gemengde”atletiekbyeenkoms.
  • Oud-Wouwtjie, Mariaan de Swardt, nasionale- en internasionale tennisspeler, besoek ons skool.
  • Verefees; 2100 mense. Tot op hede die grootste byeenkoms op ons terrein.
  • Eerste Wouwtjie Kunstefees.
  • Personeelvoorsiening: 19 poste.

2003:

  • Leerdertal: 756.
  • 40 skole (AvW se inisiatief) oorhandig briewe oor die geweldsituasie in ons land aan president Thabo Mbeki by die Uniegeboue.
  • Eerste Kultuurmerieteaand.
  • Leerderraad word “Wouwtjieraad” genoem.
  • AvW kry eerste prys in die Bontle ke Botho kompetisie (Distrik).
  • Seniorkoor: ATKV-Applous finaal deelgeneem.

2004:

  • Leerdertal: 764
  • Knap voorportaal van die saal, kleedkamers en snoepwinkel op.
  • Ons skool word gekies om deel te wees van die “Eko-skole projek”.
  • Wen eerste prys (provinsiaal) in die plakkaatkompetisie gehou deur die Departement van Waterwese en Bosbou.
  • Sewe seuns (waaronder Verster-broers) word opgeneem in die Nasionale Titansspan (krieket).
  • Ontvang Eko-skole toekenning.

2005:

  • Skool se 80ste verjaarsdag. Hou Boeresport en ‘n gróót partytjie!
  • Nuwe vak: Kinetika.
  • Draadheining om die skool vervang met nuwe, veiliger en “meer estetiese” heining.
  • Provinsiale wenner van die “waste management” afdeling (Bontle ke Botho-kompetisie) – ontvang R50 000,00.
  • IQMS ingestel.
  • Nuwe vak: Tegnologie.
  • Wen Akademiese Sewekamp by AHM.
  • Eerste “Smartboard”- opleiding.
  • Seniorkoor: ATKV – Applous, 2de plek behaal.
  • Con Spirito – revuegroep verower 2de plek Nasionaal.
  • Elke klas kry ‘n rekenaar & internet.
  • Installeer 1ste twee Smartboards.
  • Kleuterskool: twee nuwe klasse aangebou.
  • Bou en beplan eerste interaktiewe Webbladsy vir AvW.
  • Skaakspan o.11: Distrikwenners.
  • Revue: “Wragtig Tagtig”.
  • Skool ontvang “Groen Vlag” vir Herwinning.
  • Gr. 3 – klas kry Nasa-rekenaar en kommunikeer daagliks met Nasa oor hul ruimteprogram. Me. A. Fourie se naam kom op ‘n steen by Kennedy-Ruimtesentrum.

2006:

  • Leerdertal: 789.
  • Gerhard Zandberg (Oud-Wouwtjie) – brons- en goue medaljewenner (swem) by Statebondspele, besoek ons skool.
  • Ernstige tekort aan lokale: Bou vier nuwe lokale aan die westekant.
  • AvW word gereken as die top-krieketskool in Pta vanjaar.
  • 21 leerders toer na NASA (VSA).
  • Mnr. G. Meyer en me. C. Coetzee ontvang pryse in die National Teacher Awards- kompetisie.
  • 2007:
  • Ontvang toekenning van die Burgemeester van Tshwane: “Best Primary School in each District (Academically)”.
  • Erkenning vanaf GDE: Een van die Top 7 skole in Gauteng t.o.v. die integrering van E-leer.
  • Nuwe klankstelsel in die saal.
  • ‘n Tweede naskoolsentrum word gevestig op die terrein.
  • ‘n Stormwind waai die ligmaste af.
  • Wouwtjie-boekklub word gestig.
  • Sportmerieteaand: 750 gaste. Word vir die eerste keer in ‘n ander venue gebou.
  • Eerste Ideale Wouwtjie word aangewys.

2008:

  • Eerste voltydse “ITC”- koördineerder op die terrein.
  • Ontwikkel “Gauteng-on-line” sentrum.
  • Eerste aanstelling van voltydse Bemarker.
  • Ervaar ernstige verkeersprobleme om die skool a.g.v. papierherwinning.
  • Nuwe digitale telefoonstelsels word in gebruik geneem.

2009:

  • Eerste amptelike gr. R – klas word aan die skool toegeken.
  • Sestien data-projektors word geïinstalleer.
  • Begin bou aan die Rekreasiesentrum.
  • 26 Junie: Mnr. Gerhardt Meyer tree af (19 jaar skoolhoof).
  • Revue: “Wêreldwye Wouwtjie Reis”.
  • 1 November: Ons ontvang ons nuwe hoof: Mnr. Chris Henning.
  • Mascot: Willem Wouw.

Skool word 75 jaar oud

Eerste “English Tea”

Revue: Reënboogrits

Eerste Verefees

Eerste Kunstefees

Bestuurspan: Skool 80 jaar oud

Toer na NASA (VSA)

2010 – 2015: Uitnemendheid…

Mascot: Willem Wouw

Revue: Sprokies van ‘n Stadskind

Nuwe lokale

2010:

  • AvW vier 85ste verjaarsdag.
  • Oudhoofde, mnre. Els en Meyer, kom gesels met ons.
  • Leerdertal: 721.

2011:

  • Leerdertal: 703
  • Ons Gholfspan wen die Suid-Afrikaanse Gholftoernooi.
  • Die Kleuterskool word deel van Laerskool Anton van Wouw – getalle styg van 120 na 180.
  • Bou nuwe netbalbaan, plaveisel, afdakke en verspringputte.

2012:

  • Netbal: o.10 A-span wen Gauteng-Noord liga. o.11 A-span eindig 4de in Gauteng.
  • Bou nuwe paviljoene, nuwe turf – kolfblad, herwinningsterrein skuif buitentoe.
  • Uitstekende ANA-resultate.
  • Eerste Uitkamp.

2013:

  • Rekordgetal van 127 gr. 1- leerders.
  • Poste: 19 GDE – onderwysers. 23 BL – onderwysers. 11 Pre-primêre – onderwysers. 5 Terrein & admin (GDE). 16 Terrein & admin (BL).
  • Eerste rugbyspan wen die “Blou Bulle” trofee (Provinsiale wenners).
  • Bondedag: eindig derde.
  • Ontvang platinum- sertifikate vanaf die Adjunkminister van Onderwys vir negende agtereenvolgende jaar wat ons die Groen Vlag (herwinning) kry.
  • Leerdertal op laaste dag: 935 (vanaf gr. RRR to gr. 7).
  • Swem: A-span wen liga tiende agtereenvolgende jaar.
  • Wouwtjie Kunstefees: 370 deelnemers.
  • Redenaars: (Radikaal), twee Nasionale wenners.

2014:

  • Leerdertal – 969.
  • Akademiese Sewekamp (AHMP) wenners.
  • Sport: Netbal: o.13 A eindig derde in Gauteng.
  • Sport: Rugby: eerstespan speel Bloubul semi-finaal. o.10 A speel in finaal Bloubul.
  • Wat Nouw? Skoolkoerant behaal eerste plek landwyd.
  • Revue: “Sprokies van ‘n Stadskind”.
  • Eerste iPad-onderrig deur onderwysers.

2015:

  • Neem vier nuwe lokale in gebruik (langs die swembad).
  • Skool word 90 jaar oud. Groot feesvieringe… Verskeie oud-hoofde, mnre. G. Meyer, R. van den Berg en B. Els besoek ons skool.
  • Eerste koormeester word aangestel. Seniorkoor wen KykNet se “Sing in Harmonie” kompetisie. Titel: Nasionale Kampioen.
  • Swem: A-span wen die liga vir die twaalfde agtereenvolgende jaar.
  • o.13 Krieketspan: Titans kampioene (groot skole).
  • Sewentien personeellede is opgelei om met iPads te onderrig.
  • Optiese vesel word in gebruik geneem: spoed is 100 Mbps.
  • 96 personeel (nét 26 is GDE – aanstellings).

Kleuterskool

Eerste Uitkamp

Seniorkoor wen “Sing in Harmonie” Kompetisie

Skool word 90 jaar oud

Mnre. G Meyer, B Els, C Henning, R van den Berg