DIE BELANGRIKHEID VAN GRAAD R BY LAERSKOOL ANTON VAN WOUW 

DIE BELANGRIKHEID VAN GRAAD R BY LAERSKOOL ANTON VAN WOUW 

INLEIDING 

Graad R is ‘n baie belangrike jaar in ‘n kind se opvoeding. By Laerskool Anton van Wouw verstaan ons die kritieke rol wat Graad R speel in die ontwikkeling van jong kinders en is ons trots op ons uitstékende Graad R-program. 

WAAROM GRAAD R BELANGRIK IS 

Graad R is die fondament van leer en berei kinders voor vir die formele skooljare wat voorlê. Hier word kinders se belangrike vaardighede ontwikkel, soos sosiale interaksie, probleemoplossing en selfregulering. Hierdie vaardighede is noodsaaklik vir sukses in die laerskool en verder. Kinders wat ‘n sterk basis in Graad R het, toon beter akademiese prestasie en is meer selfversekerd in hul verdere skoolloopbane. 

WAT MAAK KLEINWOUWTJIES SE GRAAD R-PROGRAM UITSTEKEND EN UNIEK? 

Ons Graad R-program sluit ‘n bewegingskunde juffrou, uitgebreide sensoriese program, musiek en rekenaars in, wat daarop gemik is om kinders se fisiese, kognitiewe en emosionele ontwikkeling te bevorder. Ons het ‘n splinternuwe Graad R-sentrum met ruim, lugversorgde en puik toegeruste klasse. Ons bied ook naskoolse dienste aan van 13:30 tot 17:00, wat verseker dat kinders in ‘n veilige en geborge omgewing bly totdat hulle ouers hulle kan kom haal. 

Daar is ook ’n wye verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite waaruit u kan kies. Ons Kleinwouwtjieskool is ’n sprokieswêreld onder groot koeltebome – hier kan hul klim en klouter; sand- en waterspel geniet; bak en brou; rondjaag op die fietsiebaan; fantaseer na hartelus; en “leer” by gekwalifiseerde, liefdevolle onderwyseresse. 

OOP-DEUR-BELEID EN DAGPROGRAM 

By die Graad R-Sentrum volg ons ‘n oop-deur-beleid en ‘n tegemoetkomende aanslag. Nuwe ouers is altyd welkom om te kom kyk hoe ons gekwalifiseerde onderwysers met passie en entoesiasme die kleuters speel-speel leer. Ons volg ‘n propvol dagprogram, wat fokus op die volgende: 

  • Groot- sowel as fynmotoriese vaardighede: Die eerste 7 jaar van ‘n kind se lewe is ‘n kritieke tydperk vir hul ontwikkeling, omdat die meeste basiese motoriese vaardighede dan ontwikkel word. Daarom het ons ‘n beweginskunde juffrou wat besondere aandag aan ons kleuters se grootmotoriese ontwikkeling gee. 
  • Sosio-emosionele ontwikkeling: ‘n Emosioneel intelligente kleuter, wat goed aangepas is, sal sy/haar lewe en die maats om hom/haar positief ervaar. 
  • Kognitiewe vaardighede: Dit is alle persepsieule, geheue, konsentrasie en logiese denke. Ons Gr.R-kleuters kry die geleentheid om rekenaarklasse by die laerskool by te woon, waar hulle ‘n perseptuele program gebruik. 
  • Taalontwikkeling: Dit sluit praat- en luistervaardighede in. Die ontwikkeling van skryfvaardighede en leesgereedmaking, asook verskeie visuele- en ouditiewe perseptuele oefeninge word gedoen. 
  • Kreatiwiteit: Ons geniet weekliks musiek by ‘n opgeleide musiekjuffrou. Daar word daagliks verf, teken, plak en sommer net lekker kuns aangebied. Verder word kreatiwiteit gestimuleer deur verskillende fantasie- en opvoedkundige speelgoed. 
  • Spel: Die waarde van vryspel word nie onderskat nie; daarom maak ons seker daar is genoeg tyd vir ons kleuters om na hartelus te speel op ons pragtige, goed toegeruste buitespeel-area. Die nasionale kurrikulum (CAPS) word gevolg as ‘n minimumvereiste. Wiskunde, Taal en Lewensvaardigheid word geïntegreerd aangebied aan die hand van temas, wat ons kleuters bewus maak van die wêreld rondom hulle. 

BUITEMUURSE AKTIWITEITE 

Ons buitemuurse aktiwiteite sluit sport, kultuur en kreatiewe programme in, wat kinders help om hul talente te ontwikkel en ‘n gebalanseerde opvoeding te ontvang. Hierdie aktiwiteite is ontwerp om kinders se fisiese- en geestelike ontwikkeling te bevorder en hulle te help om selfvertroue en spanwerkvaardighede te ontwikkel. Aktiwiteite soos ballet, sokker, en kunsklasse bied kinders die geleentheid om hul kreatiwiteit en fisiese vaardighede te ontwikkel. 

NASKOOLSE DIENSTE 

Ons naskoolse dienste bied ‘n veilige en geborge omgewing vir kinders van 13:30 tot 17:00. Hierdie dienste sluit huiswerkbegeleiding en verskeie ontspanningsaktiwiteite in, wat kinders help om hul dag op ‘n positiewe noot af te sluit. Ons personeel is goed opgelei en toegewyd om seker te maak dat elke kind die ondersteuning en aandag kry wat hulle verdien. 

SÁÁM MAAK ONS TYD VIR JOU KIND 

Laerskool Anton van Wouw is ’n ietwat weggesteekte juweel… agter die Brooklyn Mall en in die hartjie van ’n lowerryke, rustige woonbuurt. Ons skool bied ouers en kinders álles wat hul hart begeer… as waardegedrewe skool, is dit vir ons baie belangrik om ons ouers se goeie opvoeding tuis, binne ons skool voort te sit. Ons leuse – “Sáám maak ons tyd vir u kind” – is die spil waarom Wouwtjie-wees draai. 

As ons dink aan wát ’n ouer en kind in sóveel dae en ure hier beleef, het ons te doen met ’n uurglas wat sewe jaar se sandjies stadig laat deurloop. Aan die ander kant, as ons na één besige dag op ’n slag kyk, het ons eerder te doen met ’n sekondewyser wat bokspring en tiekiedraai tussen die oomblikke, minute, ure… alles wat in een dag toegevoeg word tot ’n lewetjie. 

Ons Wouwtjie-wêreld bestaan uit derduisende kleurvolle, uniek-verskillende Lego-boublokkies, wat op ’n wonderlike, kleurvolle manier by mekaar inklik en inskakel, om ’n wêreld te bou wat moeilik nageboots kan word. Elke aspek van ons skool vorm ’n bousteen waarop die volgende een ingepas kan word en elke onderwyser, kind en ouer maak die kombinasie van kleure, interessante karaktertjies en rekwisiete, heeltemal uniek! 

AFSLUITING 

By Laerskool Anton van Wouw is ons baie trots op ons Graad R-program en die uitstekende onderwys wat ons bied. Ons nooi ouers uit om ons skool te besoek en self te sien hoe ons kinders help om te groei en te ontwikkel in ‘n veilige en stimulerende omgewing. Kom ervaar die verskil wat kwaliteit Graad R-onderwys kan maak in jou kind se lewe. 

Laerskool Anton van Wouw: ‘n Unieke Plek vir Kinders

Laerskool Anton van Wouw: ‘n Unieke Plek vir Kinders

LAERSKOOL ANTON VAN WOUW: ‘N UNIEKE PLEK VIR KINDERS 

 

Laerskool Anton van Wouw is nie net ‘n skool nie; dit is ‘n tuiste vir elke kind. Hier, in die hart van Wouwtjieland, dartel kinders kaalvoet en sorgeloos deur hul kinderjare. Maar wat maak Laerskool Anton van Wouw so spesiaal? Wat onderskei hulle van die res? 

 

Rotsvaste beginsels 

 

Laerskool Anton van Wouw is gegrond op rotsvaste beginsels. Hierdie waardes vorm die kern van alles wat ons doen: 

 

  1. Liefde vir leer: Ons glo dat elke kind ‘n lewenslange leerder is. Ons inspireer ‘n liefde vir kennis en ontdekking. 
  1. Respek en medemenslikheid: Ons leer kinders om respekvol teenoor mekaar en hul onderwysers te wees. Medemenslikheid is nie net ‘n woord nie, maar ‘n daaglikse praktyk. 
  1. Integriteit: Eerlikheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid is nie onderhandelbaar nie. 

 

Puik akademiese standaarde 

 

Ons streef na uitnemendheid in akademie. Ons onderwysers is passievol oor hul vakke en gebruik die beste tegnologie om leerders te bemagtig. Ons fokus nie net op kennis nie, maar ook op kritiese denke en probleemoplossing. 

 

Sport en kultuur 

 

Sport en kultuur is ‘n integrale deel van ons skoollewe. Ons moedig leerders aan om hul talente te ontwikkel, of dit nou op die sportveld, in die koor, of op die verhoog is. Hier is elke kind ‘n ster! 

 

Speel en ontspanning 

 

By die Wouwtjies is speel steeds ‘n prioriteit! Ons glo dat ‘n gelukkige kind ‘n suksesvolle kind is. Ons ruim speelareas  en ‘n liefdevolle omgewing, verseker dat elke kind ‘n glimlag dra. 

 

Klein klassies, groot impak 

 

Ons klein klasse sorg vir “privaat onderwys” teen ‘n fraksie van die prys. Elke kind kry individuele aandag en ondersteuning. Hier is geen leerder ‘n nommer nie, maar ‘n unieke Wouwtjie met ‘n blink toekoms. 

 

By Laerskool Anton van Wouw maak ons werklik tyd vir ú kind. Eenkeer ‘n Wouwtjie… altyd ‘n Wouwtjie! Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting oor ons skoolgemeenskap en die wonderlike reis van elke Wouwtjie. 

    Julie Is ons kinders voorbereid vir Hoërskool

    Julie Is ons kinders voorbereid vir Hoërskool

    Is ons kinders voorbereid vir Hoërskool?  

     

    As ‘n ouer is dit net natuurlik om bekommerd te wees oor die oorgang van jou kind vanaf laerskool na hoërskool. Hierdie oorgang bring ‘n nuwe omgewing, ‘n ander kurrikulum en verhoogde akademiese druk. Gelukkig is daar skole soos Laerskool Anton van Wouw, wat spesifiek fokus op die voorbereiding van leerders vir hierdie oorgang. 

    Die unieke benadering van Laerskool Anton van Wouw 

    1. Emosionele welstand: Laerskool Anton van Wouw erken die belangrikheid van emosionele welstand. Ons skep ‘n liefdevolle en ondersteunende leeromgewing, waar kinders gelukkig voel. Dit help hulle om beter aan te pas in die hoërskoolomgewing. 
    1. Individuele aandag: Die skool gee prioriteit aan individuele aandag. Hierdie benadering stel leerders in staat om hul unieke behoeftes aan te spreek en hul potensiaal ten volle te ontwikkel. 
    1. Akademiese ondersteuning: Laerskool Anton van Wouw bied gratis ekstra klasse in vakke soos Afrikaans, Engels en Wiskunde. Hierdie ondersteuning help leerders om hul akademiese vaardighede te versterk en selfvertroue op te bou. 
    1. Waardes en etiek: Ons skool beklemtoon respek, dissipline, werkstrots en selfstandige denke en waardering vir die gemeenskap en ons omgewing. Hierdie is net sommige van ons waardes en vorm ‘n sterk etiese grondslag vir ons leerders. 

    Die oorgang van Graad 7 na Graad 8: Wat is belangrik? 

    Om suksesvol van Graad 7 na Graad 8 oor te skakel, is daar ‘n paar sleutelaspekte wat aandag verdien: 

    1. Akademiese vaardighede: Leerders moet ‘n sterk begrip hê van die kernvakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Tale. Dit sluit die vermoë om komplekse konsepte te verstaan; probleme op te los; en effektief te kommunikeer, in. 
    1. Selfstandigheid: Hoërskool vereis ‘n hoër vlak van selfstandigheid. Leerders moet in staat wees om hul eie werk te beplan, take te voltooi, en verantwoordelikheid vir hul eie leerproses te neem. 
    1. Sosiale vaardighede: Die oorgang na ‘n nuwe skoolomgewing, beteken nuwe vriendskappe en interaksies. Leerders moet sosiale vaardighede ontwikkel om hulself te integreer en positiewe verhoudings te bou. 
    1. Studievaardighede: Effektiewe studievaardighede is noodsaaklik. Dit sluit in tydbestuur, notas neem, en eksamenstrategieë. 
    1. Emosionele welstand: Leerders moet leer om druk en emosionele uitdagings te kan hanteer. Skole soos Laerskool Anton van Wouw, fokus op hierdie aspek om leerders te ondersteun. 

    Die toekoms vir ons kinders 

    Laerskool Anton van Wouw streef daarna om leerders toe te rus met die nodige lewensvaardighede om suksesvol in ‘n kompeterende samelewing te presteer. Ons glo dat ‘n gelukkige, selfstandige en “volronde” kind hoërskool toe gestuur moet word. 

     

    U as ouers, kan gerus wees dat Laerskool Anton van Wouw ‘n omgewing skep waar kinders nié net akademies voorberei word nie, maar ook emosioneel en sosiaal gereed is vir die volgende fase van hul skoolloopbaan. Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting. 

     

      Skep ʼn koesterende omgewing vir jou kind se talente!

      Skep ʼn koesterende omgewing vir jou kind se talente!

      Deur Annelie van Jaarsveldt

      Dr. Melodie de Jager, stigter van Mind Moves Institute moedig ouers aan om ʼn koesterende omgewing te skep waarbinne hul kinders hul talente ten volle kan uitleef. De Jager beklemtoon egter dat die korrekte benadering gevolg moet word wanneer hierdie omgewing geskep word.

      Laerskool Anton van Wouw glo daarin om hiérdie koesterende omgewing vir ons leerders te skep.

      Verder beklemtoon sy dat dit belangrik is om die korrekte onderskeid te tref tussen talente en vaardighede. Talente is in ʼn kind se wese deel van sy/haar menswees. Hierteenoor is vaardighede dinge wat aangeleer en ontwikkel kan word. Vaardighede word vasgelê deur herhaling terwyl talente natuurlik, sonder herhaling, na vore sal kom.

      Ouers is geneig om talente wat hulle kinders in die kalklig kan plaas, belangriker te ag as talente wat nie meetbaar is nie. Onmeetbare talente sluit byvoorbeeld die volgende in: liefde, empatie en simpatie vir ander. Hiér is die waardes wat binne gesinsverband gekoester word, ongelooflik belangrik. In die groter prentjie gaan dit nie dus net oor prestasie nie, maar die fokus moet óók op die sentralisering en waardering van kinders se emosies val.

      Talente is nie altyd meetbaar nie. In ʼn gesin is die een kind byvoorbeeld ʼn sportster, maar die ander kind is dalk meer simpatiek teenoor ander. Melody beveel hier ten sterkste aan dat daar binne gesinsverband besluit moet word waaraan daar waarde geheg word.

      Ilze Neethling, ʼn sielkundige terapeut en psigometris gee die volgende wenke aan ouers om hulle kinders aan te moedig om hul talente te ontwikkel, sonder om onnodige druk op hulle te plaas:

      • ʼn Gebalanseerde kind is ʼn gesonde kind. Dit is van kardinale belang dat ʼn kind die geleentheid gebied word om alle vaardighede ten volle te ontwikkel.
      • Moenie u talente deur ʼn kind probeer uitleef nie. Verwelkom u kind se talente en moedig hulle aan om dié talente te ontwikkel.
      • Moedig u kind aan om kreatief te wees en só hulle talente uit te leef.
      • Moet nooit druk op u kind plaas om sy / haar talente te ontwikkel nie.
      • U ondersteuning is goud werd vir u kind. Handhaaf ʼn gesonde balans met u kind. Skep ʼn gebalanseerde omgewing vir al u kinders. Dit is normaal dat die buitengewoon talentvolle kind dalk meer aandag (dikwels onbewustelik) sal ontvang. Maak seker dit gebeur nie ten koste van jou verhouding met jou ander kinders nie.

      Is ons kinders voorbereid vir Hoërskool?  

      Is ons kinders voorbereid vir Hoërskool?  

      As ‘n ouer is dit net natuurlik om bekommerd te wees oor die oorgang van jou kind vanaf laerskool na hoërskool. Hierdie oorgang bring ‘n nuwe omgewing, ‘n ander kurrikulum en verhoogde akademiese druk. Gelukkig is daar skole soos Laerskool Anton van Wouw, wat spesifiek fokus op die voorbereiding van leerders vir hierdie oorgang. 

      Die unieke benadering van Laerskool Anton van Wouw 

      Laerskool Anton van Wouw erken die belangrikheid van emosionele welstand. Ons skep ‘n liefdevolle en ondersteunende leeromgewing, waar kinders gelukkig voel. Dit help hulle om beter aan te pas in die hoërskoolomgewing. 

      1. Individuele aandag: Die skool gee prioriteit aan individuele aandag. Hierdie benadering stel leerders in staat om hul unieke behoeftes aan te spreek en hul potensiaal ten volle te ontwikkel. 
      2. Akademiese ondersteuning: Laerskool Anton van Wouw bied gratis ekstra klasse in vakke soos Afrikaans, Engels en Wiskunde. Hierdie ondersteuning help leerders om hul akademiese vaardighede te versterk en selfvertroue op te bou. 
      3. Waardes en etiek: Ons skool beklemtoon respek, dissipline, werkstrots en selfstandige denke en waardering vir die gemeenskap en ons omgewing. Hierdie is net sommige van ons waardes en vorm ‘n sterk etiese grondslag vir ons leerders. 

      Om suksesvol van Graad 7 na Graad 8 oor te skakel, is daar ‘n paar sleutelaspekte wat aandag verdien: 

      1. Akademiese vaardighede: Leerders moet ‘n sterk begrip hê van die kernvakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Tale. Dit sluit die vermoë om komplekse konsepte te verstaan; probleme op te los; en effektief te kommunikeer, in. 
      2. Selfstandigheid: Hoërskool vereis ‘n hoër vlak van selfstandigheid. Leerders moet in staat wees om hul eie werk te beplan, take te voltooi, en verantwoordelikheid vir hul eie leerproses te neem. 
      3. Sosiale vaardighede: Die oorgang na ‘n nuwe skoolomgewing, beteken nuwe vriendskappe en interaksies. Leerders moet sosiale vaardighede ontwikkel om hulself te integreer en positiewe verhoudings te bou. 
      4. Studievaardighede: Effektiewe studievaardighede is noodsaaklik. Dit sluit in tydbestuur, notas neem, en eksamenstrategieë. 
      5. Emosionele welstand: Leerders moet leer om druk en emosionele uitdagings te kan hanteer. Skole soos Laerskool Anton van Wouw, fokus op hierdie aspek om leerders te ondersteun. 

      Die toekoms vir ons kinders 

      Laerskool Anton van Wouw streef daarna om leerders toe te rus met die nodige lewensvaardighede om suksesvol in ‘n kompeterende samelewing te presteer. Ons glo dat ‘n gelukkige, selfstandige en “volronde” kind hoërskool toe gestuur moet word. 

      U as ouers, kan gerus wees dat Laerskool Anton van Wouw ‘n omgewing skep waar kinders nié net akademies voorberei word nie, maar ook emosioneel en sosiaal gereed is vir die volgende fase van hul skoolloopbaan. Besoek gerus ons webwerf vir meer inligting. 

      Innoverende leertendense in die onderwys

      Innoverende leertendense in die onderwys

      By Laerskool Anton van Wouw is ons daartoe verbind om aan die voorpunt van opvoedkundige innovasie te bly en só te verseker dat ons leerders ‘n moderne en boeiende leerervaring ontvang. Twee van die opwindendste nuwe neigings in onderwys vandag, is ondersoek- en projekgebaseerde leer, wat albei ‘n integrale deel van Anton van Wouw se klaskamerpraktyk is.

      Ondersoekgebaseerde leer is ‘n dinamiese benadering wat ‘n liefde vir die wetenskappe vanaf ‘n vroeë ouderdom bevorder[1]. Hierdie metode moedig leerders aan om onderwerpe/voorwerpe self te verken deur middel van praktiese aktiwiteite, ondersoek en ondervraging. Dit strook met hoe kinders van nature leer, betrek hulle by die wetenskaplike proses en moedig hulle natuurlike nuuskierigheid aan. By Laerskool Anton van Wouw, glo ons dat deur ondersoekgebaseerde leer in ons klaskamers te inkorporeer, ons ons jong leerders kan inspireer om kritiese denkers en probleem-oplossers te word, toegerus met die vaardighede wat hulle nodig het om die wêreld om hulle te navigeer.

      Projekgebaseerde leer is nóg ‘n innoverende neiging wat ons aangegryp het, wat dit in lyn bring met die gemeenskaplike kernstandaarde om te verseker dat ons onderrigmetode op datum en doeltreffend is[2].Projekgebaseerde leer behels dat leerders oor ‘n lang tydperk saamwerk aan take of probleme. Hierdie benadering verbeter nie net samewerking en spanwerk nie, maar stel leerders ook in staat om waardevolle interaksie buite die tradisionele klaskameromgewing op te doen. Deur projekgebaseerde leer in ons kurrikulum te integreer, bied ons aan ons leerders geleenthede om hul kennis op betekenisvolle maniere toe te pas, om hulle voor te berei vir toekomstige akademiese- en professionele sukses.

      By Laerskool Anton van Wouw verstaan ​​ons die belangrikheid daarvan om by die ontwikkelende landskap van onderwys aan te pas. Ons nooi ouers om ons webwerf en sosiale media te verken en eerstehands te sien hoe ons ons kinders voorberei vir ‘n blink en belowende toekoms.

      Ten slotte, terwyl ons voortgaan om hierdie strategieë te implementeer, bly ons toegewyd daaraan om ons leerders te voorsien van ‘n leeromgewing wat nie net akademies verrykend is nie, maar ook genotvol en relevant in vandag se moderne samelewing is. Omhels saam met ons die toekoms van onderwys by Laerskool Anton van Wouw.

      Bronne:

      1. https://www.bgci.org/our-work/addressing-global-challenges/best-practice/inquiry-based-science-education/↩︎
      2. https://my.pblworks.org/resource/blog/gold_standard_pbl_align_to_standards↩︎