GRAAD 7 BEROEPE-DAG…
Deur Clarisé van Niekerk (Graad 6)
Op die 31ste Augustus, stap ek by die skool in en skielik sien ek ‘n nuwe juffrou…
Ek stap verder en sien ‘n dokter, argitek en ‘n klomp perderuiters. Skielik wonder ek of ek op die regte plek is. Dan besef ek dis beroepe-dag vir ons graad 7’s.
Vroegoggend het ek met ‘n paar graad 7’s gaan praat, naamlik: Hatie Dippenaar, Demi Roets en Isa-Marié Bezuidenhout. Hatie se droom is om ‘n neurochirurg te word. Demi en Isa-Marie wil graag perderuiters word. Ek ontmoet ook ‘n aspirant veearts, ‘n argitek en prokureur.
Alhoewel ons weet dat daar nog baie water in die see moet loop voordat hierdie graad 7’s se drome sal kan realiseer, is ek van mening dat ons toekoms verseker in baie goeie hande is!
Ek het wel nog gehoop om ‘n ruimtevaarder, argeoloog en selfs ‘n president raak te loop! Ek wil beslis nog baie weet van Mars en Jupiter en wil verseker nog lees oor nuwe argeologiese ontdekkings. Wat belangrik is, is dat elke beroep en die uniekheid daarvan, nodig is in ons sameweling en dat elkeen ‘n bydrae maak.
Ek wonder wat my beroep eendag sal wees en wat ek volgende jaar gaan aantrek vir my graad 7 beroepe-dag.
Welgedaan, graad 7’s! Julle het ons verseker aan die dink gesit, maar ook opgewonde gemaak oor ‘n toekoms met soveel moontlikhede wat voorlê. Mag julle elkeen se beroepsdroom waar word!