7y: Dié klas met die meeste gees!
Deur Zoe Louw (Graad 7)
7y is bekend vir al die opwindende grappe, planne, partytjies en vreemde vriendskappe. Met die einde van n jaar naby, kyk ons na ‘n paar van elke kwartaal se gunsteling herinneringe.
Kwartaal 1
7y gloei altyd met gees, op Kaskardag het hulle met snaakse klere gekom en tydens die resies het die klas in die verkeerde rigting gery. Die bestuurders het probeer om hulle te help, maar het vining moed opgegee. Met al die opwinding wat hulle geskep het, het hulle ook die meeste lawaai gemaak.
Kwartaal 2
Met nóg ‘n kompetiese in die oog, het 7y besluit hulle gaan ’n impak maak met die swemgala (let wel, die klas is nie die beste swemmers nie). Die geweer word geskiet en die gala begin. Hulle swem vryslag vir die eerste keer, maar toe hulle omdraai, was dit iets uniek. Hulle padda-slag terug! Hulle het ook twee ondersteuners gehad wat enduit geskree het. Hulle het so lank gevat, dat die res van die spanne moes gewag het.
Kwartaal 3
Kwartaal 3 was vir 7Y die opwindendste kwartaal. Die laaste dag het die klas geld ingesamel en Starbucks gekoop, en hulle het so lekker gelag vir al die grappe wat vertel is.
Kwartaal 4
Mnr. Reggie is verras op sy verjaarsdag met die grootste klaspartytjie wat die skool nóg gesien het. Daar was so baie ballonne. Alhoewel die “verrassing” deel nie so mooi uitgewerk het nie, was dit nog steeds ‘n onvergeetlike partytjie.
Die klas sien uit na hulle nuwe skole, maar weet dat, diep binne, hierdie klas ‘n pernamente merk in hulle harte gelos het.