
Wouwtjie Kunstefees 2021
Deur Meaghan Lamprecht (Graad 6)
Is jy gereed om jou kreatiewe kant te wys?
Dit is weer tyd vir die gewilde Wouwtjie Kunstefees waar ons as Wouwtjies met ons talente kan spog! Daar is soveel kategorieë om van te kies. Vermaak die beoordeelaars met jou unieke danspassies, of kom sing jou hart uit! Wie weet? Dalk is die volgende Johnny Clegg of Karen Zoid in ons skool! In Laerskool Anton van Wouw is daar ook heelwat talentvolle leerders wat hul instrumente op die kunstefees kom bespeel.
My gunsteling kategorie is tafeldek. Ek geniet dit om my kreatiwiteit op ‘n tafel uit te leef, net soos die beroemde Nataniël. Dan is daar natuurlik ook ‘n afdeling vir blommerangskikking, wat ook hope pret is! Ek is baie nuuskierig om uit te vind wat hierdie jaar se tema vir die Wouwtjie Kunstefees gaan wees. Dalk “Take of the mask” of “Goeie Herinneringe”?
Ons sien uit om al julle talente op die Wouwtjie Kunstefees te waardeer en te geniet!