Toastmasters Banket 2021
Deur Stephan Jonker (Graad 7)
Ek het die voorreg gehad om die Toastmasters van 2021 se banket by te woon op die 25ste Maart. Tydens die banket het die eerste groep sprekers die geleentheid gehad om hul toesprake, sommige daarvan onvoorbereid, voor almal te lewer.
Die aand het afgeskop met ‘n opening deur die ”Sergeant at Arms” en die “vloer” is aan die “Madam chair” oorhandig.
Die eerste sprekers moes onvoorbereide toesprake lewer. Hulle het enige onderwerp onder die son gekry en moes daaroor praat vir ‘n volle 2 minute lank. Dit is beslis moeiliker as wat dit klink!
Een van my gunsteling toesprake is “What would you do if you were a fly?” Dit het verband gehou met hierdie jaar se tema: “Flight”. Volgens my was dit ‘n grappige en ‘n goeie praatjie gewees, want die hele gehoor het gelag! Dit moes verseker ‘n kompliment vir die spreker gewees het.
Na afloop van die onvoorbereide praatjies, was daar ‘n kort pouse waarin die gaste ‘n smaaklike ete geniet het. Daarna was die voorbereide praatjies aan die beurt! Agt sprekers is die geleentheid gegun om hul praatjies te lewer. Die temas was interessant, byvoorbeeld “Do vegetables feel pain?” My persoonlike gunsteling was egter ”Lose weight fast on Mars!” Dit was sowaar ‘n kreatiewe praatjie en moes lank geneem het om te skryf.
Aan die einde van die aand het die gasspreker, Juffrou Terry-Lee Lagerwall, ‘n besondere toespraak gelewer! Juffrou Lagerwall se toespraak het gehandel oor die manier waarop sy die wêreld deur haar lense beskou. Tydens die afsluiting van die aand was daar verskeie bedankings aan die onderwysers en die organiseerders. Die Toastmasters se banket kan opgesom word as: uitsonderlik en suksesvol! Dit het definitief almal se “public speaking skills” getoets en bevorder.