
W.J. van der Heever
- Die Nu-Muckleneuk Skool word op 27 Januarie om 08:00 geopen.
- Personeel van 3: Hoof – mnr. W.J. van der Heever, twee onderwysers – Mee. E.S. Grobbelaar en J.J. van Vooren.
- Leerlinge: 61 op die eerste skooldag, van wie 39 van die Brooklynse Engelsmediumskool gekom het, 13 van ander skole en 9 vir die eerste keer toegelaat is.
- Die skool besit een stoel en een tafel, vir die eerste rukkie was daar geen skoolmateriaal en leerboeke nie.
- Lae leerlingtal omdat die gebied yl bewoon was. In Nieu-Muckleneuk was daar 37 huise, Waterkloof was dun bevolk en in Groenkloof was daar een huis, dié van die boswagter.
- Die hoof plant dadelik baie bome op die terrein aan.
- Leerlinge was uit die armer klas van die samelewing – daar was baie keer na hulle verwys as “backwards”.
- Eerste bedrag van R 8,00 vir ‘n biblioteekfonds byeengebring.