Sport

Atletiek

Gholf

Hokkie

Krieket

Landloop

Muurbal

Netbal

Rugby

Ruitersport

Skaak

Sport buite skoolverband

Swem

Tennis

Ruitersport

Wouwtjie-ruitersport pronk graag met puik, jong ruiters – ons leerders vaar skitterend en ons is baie trots op hulle!

Die Ruiterklub se doelwit is om ruiters die geleentheid te gee om Laerskool Anton van Wouw te verteenwoordig, as skool te presteer in ruiterkuns teen ander mededingende skole en die geleentheid te skep vir ruiters om provinsiale skole-kleure te verwerf.

Elke ruiter neem ruiterlesse by ‘n buite-instrukteur of ryskool. Die ruiters neem onder Laerskool Anton van Wouw se naam deel by Sanesa-ruiterkompetisies, wat jaarliks aangebied word. Die verskeie instrukteurs by elke ryskool bepaal of die ruiter bevoeg is om aan die ruiterkompetisies deel te neem, al dan nie. Ruiters ding mee om vir die Gauteng-Noord-, Gauteng- en die Nasionale span te kwalifiseer.

Alle ruiters neem tydens die Sanesa-ruiterkompetisies in Anton van Wouw-sportdrag deel. ‘n Anton van Wouw-saalkleed word gebruik.

 

Prestasies in ‘n neutedop…

2019

  • Twee ruiters word in die Gauteng- Noord en Gautengspan opgeneem